A­fri­ka se uit­voe­ren­de hoof­de po­si­tief on­danks swak e­ko­no­mie

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

Uit­voe­ren­de hoof­de in A­fri­ka mag dalk nie baie op­ti­mis­ties wees dat die e­ko­no­mie in die vol­gen­de jaar veel gaan groei nie, maar hul­le het ’n veel roos­kleu­ri­ger voor­uit­sig vir hul eie on­der­ne­mings.

PwC se A­fri­ka Sa­ke-a­gen­da­ver­slag wat gis­ter in Ro­se­bank, Jo­han­nes­burg, be­kend ge­stel is, wys 85% van die 80 uit­voe­ren­de hoof­de wat aan die pei­ling deel­ge­neem het, glo hul maat­skap­pye kan in 2017 groei toon.

Net 30% van hul­le dink eg­ter die wê­reld se e­ko­no­mie sal in die vol­gen­de 12 maan­de groei.

PwC het die na­vor­sing in die vier­de kwar­taal van 2016 ge­doen.

On­ge­veer 40% van die hoof­de in die pei­ling staan aan die hoof van maat­skap­pye wat meer as $100 mil­joen per jaar in in­kom­ste ge­ne­reer.

Hein Boeg­man, uit­voe­ren­de hoof van PwC in A­fri­ka, sê wan­neer daar na die be­vin­dings ge­kyk word, moet ’n mens ont­hou uit­voe­ren­de hoof­de is van na­tu­re op­ti­mis­ties oor die maat­skap­pye on­der hul­le vlerk.

On­ge­ag die feit dat die sa­ke­lei­ers po­si­tief is oor hul eie on­der­ne­mings, is hul­le baie be­kom­merd oor die on­se­ker­heid van e­ko­no­mie­se groei (90%) en die wis­sel­val­lig­heid van wis­sel­koer­se (90%).

Di­on S­han­go, uit­voe­ren­de hoof van PwC in Sui­der-A­fri­ka, sê uit­voe­ren­de hoof­de is ook be­kom­merd oor wat die di­rek­te in­vloed op hul maat­skap­pye kan wees weens ’n ge­brek aan skaars vaardighede (80%), wis­sel­val­lig­heid in die kos­te van e­ner­gie (73%), as­ook die toe­ne­men­de be­drei­ging van ku­ber­mis­daad (71%).

“Ku­ber­mis­daad is al hoe meer deel van sa­ke doen en dit sluit A­fri­ka in. Daar word meer ge­fo­kus op hoe dié pro­bleem han­teer word,” sê hy.

Uit­voe­ren­de hoof­de glo hul in­kom­ste gaan groei deur or­ga­nie­se groei (80%), nu­we stra­te­gie­se al­li­an­sies en ven­noot­skap­pe (69%) en kos­te­be­spa­ring (68%).

“Wat ei­en­aar­dig is, is dat net 38% van hul­le sê hul­le oor­weeg sa­me­smel­tings en ver­kry­gings,” sê Boeg­man.

“’n Mens sou dink te mid­de van ’n uit­da­gen­der e­ko­no­mie daar heel­wat wins­ko­pe vir die ster­ker maat­skap­pye sal wees.”

Wat vaardighede be­tref, het 51% ge­sê hul­le be­plan om in die vol­gen­de jaar hul ar­beids­mag uit te brei.

“Dit is nie on­ver­wags nie, ver­al om­dat die mees­te van hul­le aan­ge­dui het hul­le wil hul on­der­ne­mings or­ga­nies laat groei,” sê Boeg­man.

Al­te­sa­me 23% het eg­ter ge­waar­sku hul­le kan weer men­se uit diens stel, wat ook weer sin maak weens die toe­ne­men­de fo­kus op kos­te­be­spa­ring.

“Wat in­te­res­sant is, is dat waar uit­voe­ren­de hoof­de wel aan­ge­dui het dat hul­le men­se uit diens gaan stel, dit in 72% van die ge­val­le weens ou­to­ma­ti­sa­sie gaan wees,” het Boeg­man ge­sê.

Die groot uit­da­ging vir uit­voe­ren­de hoof­de is om skaars vaardighede te be­kom.

“Lei­ers is op soek na vaardighede soos aan­pas­baar­heid, pro­bleem­op­los­sing, lei­er­skap en kre­a­ti­wi­teit, want dit is moei­lik om aan te leer en te ou­to­ma­ti­seer,” sê S­han­go.

Vol­gens S­han­go sien die mees­te uit­voe­ren­de hoof­de in A­fri­ka die toe­koms vir hul maat­skap­pye in in­ter­na­si­o­na­le mark­te in die VSA (31%), C­hi­na (28%) en B­rit­tan­je (24%), ter­wyl hul­le in A­fri­ka op Jo­han­nes­burg (36%), La­gos (16%) en Kaap­stad (14%) fo­kus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.