Suid­A­fri­ka­ners koop kos in win­kels, teg­no­lo­gie aan­lyn

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

Vars pro­duk­te, me­di­sy­ne en troe­tel­dier­kos reg­ver­dig steeds ’n be­soek aan ’n win­kel, ter­wyl aan­ko­pe van by­voor­beeld boe­ke, mu­siek en teg­no­lo­gie weer aan­lyn ko­ning kraai.

Nu­we na­vor­sing deur Niel­sen wys in ont­lui­ken­de mark­te, en ver­al Suid-A­fri­ka, is daar nog ’n re­de­li­ke on­der­skeid oor wat ver­brui­kers aan­lyn koop en wat nie. Die bron­ne waar ver­brui­kers meer in­lig­ting be­kom oor wat hul­le wil koop, is ook re­de­lik u­niek aan hier­die twee groe­pe­rings.

In die ge­val van reis­be­spre­kings (53%) en die aan­koop van kaart­jies vir ge­leent­he­de (52%), boe­ke, mu­siek en skryf­be­hoef­tes (45%), teg­no­lo­gie (40%) en mo­de-ar­ti­kels (38%) hui­wer tal­le Suid-A­fri­ka­ners nie om aan­lyn daar­oor na­vor­sing te doen en dan te koop nie.

Wan­neer dit by vars pro­duk­te kom, maak baie men­se eg­ter nog op meer tra­di­si­o­ne­le bron­ne van in­lig­ting staat voor­dat hul­le ’n koop­be­sluit maak.

“Wat be­tref bron­ne waar ko­pers in­lig­ting oor pro­duk­te in­win, is be­soe­ke aan win­kels steeds die ge­wild­ste met 56%, ge­volg deur wen­ke van fa­mi­lie­le­de of vrien­de (41%), koe­ran­te en tyd­skrif­te (32%) en web­wer­we met spe­si­a­le aan­bie­din­ge of af­slag (30%).

“Ge­brui­kers sê hul­le wend hul­le heel laas­te tot spe­si­a­li­teits­web­wer­we en web­joer­na­le vir in­lig­ting oor dié soort pro­duk­te,” sê Ga­reth Pa­ter­son, hoof van klein­han­dels­diens­te by Niel­sen Suid-A­fri­ka.

Die Niel­sen-na­vor­sing wys klein­han­de­laars wat dit wel reg­kry om ver­brui­kers te oor­tuig om vars pro­duk­te aan­lyn te koop, bied ’n 100%-geld­te­rug­waar­borg vir pro­duk­te wat nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen nie.

Nog ma­nie­re om aan­lyn ko­pers te lok, is om glo die­self­de pro­duk gra­tis saam met ’n vol­gen­de aan­koop te bied, om e­ti­ket­te wat vars­heid aan­dui aan te heg en om men­se die ge­leent­heid te bied om spe­si­fie­ke pro­duk­te te kan be­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.