Har­mo­ny be­gin jaar ook sta­dig

Beeld - - Geklassifiseerd -

Har­mo­ny Gold se Hid­den Val­ley­goud­myn in Pa­poea­Nieu­Gui­nee. Har­mo­ny Gold het, net soos Ang­loGold As­han­ti, van­jaar sta­dig uit die blok­ke ge­kom.

Die maat­skap­py het gis­ter in ’n ver­kla­ring op die JSE se nuus­diens, Sens, ge­sê hy het vir die kwar­taal tot ein­de Maart 7% min­der goud ge­pro­du­seer teen ’n al­les in­ge­slo­te kos­te wat met 5% tot R529 409/kg ge­styg het.

Vir die ne­ge maan­de tot ein­de Maart vor­der die maat­skap­py eg­ter glo goed en is hy vol ver­troue hy sal die ver­wag­te 1,05 mil­joen fyn­on­se goud vir die 2017­boek­jaar le­wer teen ’n voor­sie­ne be­dryfs­kos­te van R439 669/kg.

Har­mo­ny het ge­du­ren­de die ne­ge maan­de ’n 8%­wins­mar­ge ge­hand­haaf.

Hy sê dit is ver­al stap­pe om van sy goud­ver­ko­pe te ver­skans wat hom hier­mee ge­help het.

Har­mo­ny het in Ju­lie 2016 aan­ge­kon­dig hy gaan 432 000 fyn­on­se, so­wat 20% van sy to­ta­le pro­duk­sie, die vol­gen­de twee jaar ver­skans deur kort­ter­myn­voor­uit­kon­trak­te teen R682 000/kg te sluit.

Vol­gens die maat­skap­py was dit die skerp sty­ging in en die wis­sel­val­lig­heid van die rand/kg­goud­prys wat hom dié be­sluit laat neem het.

Ang­loGold, wat Maan­dag sy kwar­taal se pro­duk­sie­sy­fers tot ein­de Maart be­kend ge­maak het, het ’n 59%­da­ling in kon­tant­in­vloei tot $93 mil­joen, deels toe­ge­skryf aan die feit dat dit lan­ger ge­vat het om sy Suid­A­fri­kaan­se my­ne ná die Kers­tyd weer aan die gang te kry.

Har­mo­ny se aan­de­le het gis­ter­og­gend teen R28,82 be­gin ver­han­del. – El­vi­ra Wood

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.