MTN be­lê R4 mil­jard in Iran­se bre­ë­band­diens

Beeld - - Geklassifiseerd -

MTN gaan so­wat R4 mil­jard in Iran be­lê, het die maat­skap­py aan­ge­kon­dig.

MTN het ’n nie­bin­den­de voor­lo­pi­ge oor­een­koms on­der­te­ken om so­wat R540 mil­joen te be­taal vir ’n 49%­be­lang in Ira­ni­an Net, ’n ver­skaf­fer van vas­te bre­ë­band­ly­ne en bre­ë­band­diens­te in Iran.

Daar sal ver­de­re be­leg­gings wat so­wat R3,4 mil­jard ge­doen word in die vorm van e­kwi­teit en le­nings om Ira­ni­an Net te help om sy doel­wit­te oor die vol­gen­de vyf jaar te be­reik, sê MTN.

Vol­gens die maat­skap­py is die voor­lo­pi­ge oor­een­koms on­der­he­wig aan die fi­na­li­se­ring van ge­skik­te tran­sak­sie­oor­een­koms­te.

MTN sê Ira­ni­an Net het ’n na­si­o­na­le li­sen­sie vir die kon­struk­sie en be­dryf van ’n op­tie­se da­tat­rans­mis­sie­net­werk en ve­sel­net­werk.

“Hier­die be­leg­ging, sou dit vol­tooi word, ver­teen­woor­dig ’n ge­leent­heid om te ka­pi­ta­li­seer op die voort­ge­set­te sterk groei wat ver­wag word in die bre­ë­band­mark in Iran, met ’n aan­vank­li­ke fo­kus op agt van die groot­ste ste­de,” lui ’n ver­kla­ring van MTN.

Die Suid­A­fri­kaan­se sel­foon­maat­skap­py het reeds be­lan­ge in Iran.

Hy be­sit ’n 49%­be­lang in ’n ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming met Iran se naas­groot­ste te­le­kom­mu­ni­ka­sie­maat­skap­py, IranCell. Iran is een van die Suid­A­fri­kaan­se maat­skap­py se 22 mark­te waar­in hy be­dry­wig is in A­fri­ka en die Mid­de­Oos­te.

MTN het in Ok­to­ber 2016 so­wat R315 mil­joen be­lê in S­napp.ir, Iran se eer­ste taxi­slim­foon­toe­pas­sing, soort­ge­lyk aan U­ber. – Niel Jou­

bert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.