Bosch wil dié keer kroon dra

Beeld - - Sport -

Curwin Bosch, los­ska­kel van die Ju­ni­or S­pring­bok­span, hoop hy kan sy twee­de ge­leent­heid om in die o.20-Wê­reld­toer­nooi te speel, dié keer op die po­di­um af­sluit.

Die Ju­ni­or S­pring­bok­ke be­rei hul­le tans voor vir dié toer­nooi, wat op 31 Mei in T­bi­li­si, Ge­or­gië be­gin.

Bosch, wat die Jong Bok­ke ver­le­de jaar in die o.20-toer­nooi in Man­ches­ter ver­teen­woor­dig het, het hom Sondag by die span se oe­fen­kamp in S­tel­len­bosch aan­ge­meld. Die 19-ja­ri­ge boor­ling van A­lex­an­drië in die OosKaap het die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag in sy laas­te Su­per­rug­by­wed­stryd vir die Haaie teen die We­stern For­ce ge­speel.

Bosch het in die Dur­ba­nie­te se se­ge van 37-12 ’n mees­ter­li­ke ver­to­ning as Haaie-ge­ne­raal ge­le­wer deur 20 van sy span se pun­te (’n drie, drie doel­skop­pe en drie straf­doe­le) aan te te­ken.

Hy hoop nou om hier­die goeie spel­peil na die Ju­ni­or S­pring­bok­span te bring deur sy er­va­ring van Su­per­rug­by te be­nut.

“Die spoed, in­ten­si­teit en druk wat ’n mens op Su­per­rug­by-vlak er­vaar, is baie hoog,” sê Bosch. “Ek glo die speel­kans wat ek on­der daar­die toe­stan­de ge­kry het, sal my ge­du­ren­de die toer­nooi help.

“Dit was ’n fan­tas­tie­se er­va­ring om op so ’n hoë vlak te speel. Dit het my ge­help om vol­was­se te word en om kalm in druk­si­tu­a­sies te bly.”

Dit is die eer­ste keer dat Bosch van­jaar saam met die o.20-span oe­fen. Hy kon nie vroe­ë­re oe­fen­kam­pe by­woon nie, aan­ge­sien hy die leem­te op los­ska­kel moes vul wat die be­se­rings van die S­pring­bok Pa­trick Lam­bie en an­der ad­ju­dan­te (Garth A­pril en In­ny Ra­de­be) ge­laat het.

Bosch het ook ’n oe­fen­kamp in die Vry­staat mis­ge­loop na­dat Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok­af­rig­ter, hom na ’n be­plan­nings­kamp in S­tel­len­bosch ge­nooi het.

Bosch, wat in 2016 be­noem is as Wê­reld­rug­by se o.20-spe­ler van die jaar, gaan dus blit­sig ge­woond moet raak aan die Jong Bok­ke se wed­stryd­plan.

“Daar is spe­lers in die groep saam met wie ek ver­le­de jaar in Man­ches­ter ge­speel het en baie goed ken. Ek sien nou uit om van die nu­we man­ne in van­jaar se groep te leer ken en ook be­meer kend te raak met die struk­tu­re en stel­sels wat tot dus­ver in plek ge­stel is.

“Hier­die lyk na ’n fan­tas­tie­se groep spe­lers en die op­set is baie pro­fes­si­o­neel, so ek be­hoort gou aan te pas by hoe din­ge hier ge­doen word.”

Die Ju­ni­or S­pring­bok­ke ver­trek op 25 Mei na Ge­or­gië en sal in Groep B van die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi teen Frank­ryk (31 Mei), Ge­or­gië (4 Ju­nie) en Ar­gen­ti­nië (8 Ju­nie) speel.

Curwin Bosch Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.