C­hee­tahs dalk Son­ny Bill ge­spaar

Beeld - - Sport - – O­wen Kock

Die C­hee­tahs sal dalk een be­kom­mer­nis min­der hê wan­neer hul­le Vry­dag op die gees­te­li­ke tuis­te van Nieu­See­land­se rug­by uit­draf.

Lui­dens be­rig­te in die Nieu­See­land­se me­dia sal die C­hee­tahs straks nie met die All Black­sen­ter Son­ny Bill Wil­li­ams in die mid­del­veld te doen kry wan­neer hul­le die Blu­es op E­den Park in ’n Su­per­rug­by­wedstryd pak nie.

Dié veel­be­spro­ke spe­ler het ver­le­de week, in die stryd teen die Wa­ra­tahs, har­sing­skud­ding op­ge­doen en het die veld ver­laat. Wil­li­ams, wat ál min­der tyd het om die All Black­keur­ders te be­ïn­druk voor die toer teen die B­rit­se en Ier­se Leeus, on­der­gaan in­tus­sen “al­ter­na­tie­we” be­han­de­ling in ’n po­ging om sy fiks­heid te her­win.

Hy het ’n fo­to op T­wit­ter ge­deel waar hy met suig­kop­pies op sy rug die be­han­de­ling kry wat as hi­ja­ma be­kend staan.

Fran­cois Ven­ter, die kap­tein en bui­te­sen­ter van die C­hee­tahs, het die hoop uit­ge­spreek dat al­les ’n slag mooi­tjies vir sy span by­me­kaar sal kom. Hy wys daar­op dat sy span voor­uit­gang maak, maar dat dit nie in die tel­lings van hul wed­stry­de weer­spie­ël word nie.

Hul­le het teen die High­lan­ders ge­wys waar­toe hul­le in staat is voor­dat hul­le reg aan die ein­de ge­vou het. “Ons groei voort­du­rend as ’n span en kry al hoe meer self­ver­troue – en dit is waar­aan ons vas­klou. Ho­pe­lik kom dit die na­week by­me­kaar,” sê hy. “Die spe­lers is steeds po­si­tief ná ver­le­de week se wedstryd teen die High­lan­ders. Ons het ge­sien waar­op ons moet ver­be­ter en sal dit teen die Blu­es reg­stel.” Dis 16 spe­lers in die C­hee­tah­toer­groep se eer­ste Su­per­rug­by­wedstryd in Nieu­See­land. Ven­ter er­ken dat dit nooit mak­lik is om ’n wedstryd op E­den Park te wen nie.

“Al is die Blu­es laas­te is in die Nieu­See­land­se kon­fe­ren­sie, bly hul­le ’n goeie span en dit is nooit mak­lik om teen hul­le in Auck­land te speel nie,” sê Ven­ter.

Son­ny Bill het dié fo­to ge­twiet ná sy be­han­de­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.