Van Wyk vat vlam by Haaie

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Na­dat Ko­bus van Wyk ein­de ver­le­de jaar die Kaap vir Dur­ban ver­ruil het, het sy rug­by­loop­baan ’n twee­de a­sem ge­kry.

By die S­tor­mers was hy be­sten­dig son­der om vir vuur­werk te sorg. Maar by die Haaie is hy ’n aan­spraak­ma­ker vir die S­pring­bok­ke op reg­ter­vleu­el.

En die 25-ja­ri­ge Van Wyk ge­niet el­ke oom­blik van sy lewe in Dur­ban.

“Dit is won­der­lik. Die weer is lek­ker, die gees in die span is puik en my span­maats is on­ge­loof­lik,” sê Van Wyk.

Hoe­wel hy nog taam­lik jonk is, is hy een van die meer se­ni­or spe­lers in die span – ver­al in die ag­ter­lyn.

“Ver­al in die ag­ter­ste drie­hoek moet jy al­tyd goed kom­mu­ni­keer. So, dit gaan nie nood­wen­dig daar­oor om jon­ger spe­lers se men­tor te wees nie, maar lie­wer daar­oor om die heel­tyd te praat,” sê hy.

Die span het ’n baie op­win­den­de ag­ter­lyn, maar sy af­ron­ding is ’n kwel­punt.

“Daar is baie po­ten­si­aal, maar ons moet die bal hou wan­neer ons in die ge­vaar­so­ne kom. Ons het dié week daar­oor ge­praat om die bal be­ter te be­skerm. Ons wil ’n paar drieë druk en bo­nus­pun­te in­sa­mel.”

Die Haaie kom die na­week teen die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth te staan en die Baai­se span het die Dur­ba­nie­te goed laat skrik toe hul­le me­kaar vroe­ër van­jaar op Kings­park ont­moet het.

Ná daar­die wedstryd het die Kings ’n paar hoog­te­pun­te be­leef. Ver­al hul ag­ter­lyn het die ton­ge los met die aan­skou­li­ke en op­win­den­de rug­by wat hul­le speel.

“Ek dink die mees­te van die Kings se drieë kom van om­ge­keer­de be­sit af. Maar hul­le het ook ’n paar drieë self ge­skep.

“As jy teen die Kings in die Baai gaan speel, moet jy by jou eie wed­stryd­plan hou – hou die bal by die voor­spe­lers en hou by jou struk­tu­re.”

Vol­gens Van Wyk het die span ook waar­de­vol­le les­se ge­leer uit sy vo­ri­ge ont­moe­ting met die Kings, wat die Haaie met 19-17 ge­wen het.

“Toe ons laas teen hul­le ge­speel het, het ons die bal vir so drie fa­ses ge­hou en dan ver­loor, waar­na hul­le gaan druk het. Dit is moei­lik om te­rug te kyk op daar­die wedstryd; ons het so baie fou­te ge­maak. Ons wil nou net voort­bou op ons mo­men­tum,” sê hy.

Die jong Sbu N­ko­si, wat ver­le­de week sy bui­ging op lin­ker­vleu­el ge­maak het, maak Van Wyk baie op­ge­won­de.

“Hy het won­der­li­ke voet­werk en het baie vaart.

“Oor ’n paar jaar kan hy ’n huis­hou­de­li­ke naam in Suid-A­fri­kaan­se rug­by wees,” sê Van Wyk.

Ko­bus van Wyk vir die Haaie in ak­sie teen die We­stern For­ce in Dur­ban. Fo­to: GALLO

IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.