Eu­ge­nie: Dit was ek en die res teen Ma­ria

Beeld - - Sport -

Eu­ge­nie Bou­chard sê baie an­der WTA-spe­lers deel haar sen­ti­ment oor die te­rug­keer van Ma­ria S­ha­ra­po­va ná haar skor­sing weens die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels, maar is “bang” om hul­le daar­oor uit te laat.

Bou­chard het S­ha­ra­po­va Maan­dag­aand vir die eer­ste keer in vyf po­gings ge­klop. Die Ka­na­dees het S­ha­ra­po­va in die twee­de ron­de van die Ma­drid Ope met 7-5, 2-6, 6-4 uit­oor­lê slegs ’n week na­dat sy die Rus vir ’n “ver­neu­ker” uit­ge­kryt het.

Bou­chard het boon­op aan­ge­voer S­ha­ra­po­va moes le­wens­lank uit ten­nis ge­skors word, eer­der as net 15 maan­de, na­dat sy in 2015 po­si­tief ge­toets is vir die ge­bruik van mel­do­ni­um in die Aus­tra­lie­se Ope.

“Ek het beslis by­ko­men­de mo­ti­ve­ring voor van­dag se wedstryd ge­had,” het Bou­chard ná haar se­ge ge­sê. “Eint­lik was ek nog­al ge­ïn­spi­reerd, want daar was baie spe­lers wat my voor die wedstryd pri­vaat ge­na­der het om my sterk­te toe te wens.

“Spe­lers met wie ek nie ge­woon­lik ge­sels nie, baie SMS’e van men­se in die ten­nis­wê­reld wat my on­der­steun het. Ek wou dit vir myself doen, maar ook vir hul­le.

“Dit het my ge­wys dat die mees­te men­se my o­pi­nie deel en mis­kien net bang is om self daar­oor te praat.”

Die duo het ná hul krag­me­ting van by­na drie uur ’n koue blad­skud ge­deel.

“Sy het vir my ge­sê ek het goed ge­speel,” het Bou­chard ge­sê na­dat sy ge­vra is wat­ter woor­de by die net ge­wis­sel is.

“Ek dink sy ver­toon reg­tig goed se­dert haar so­ge­naam­de te­rug­keer, as ’n mens so daar­na wil ver­wys.”

S­ha­ra­po­va het ver­le­de week ge­sê sy is “ver­he­we” bo ’n bek­ge­veg met Bou­chard na­dat sy in S­tutt­gart die half­eind­ron­de van haar eer­ste toer­nooi ge­haal het se­dert haar te­rug­keer.

“Ek is baie ja­re lank al deel van hier­die sport,” het S­ha­ra­po­va Maan­dag ge­sê. “Ek weet hoe din­ge ver­loop. Ek ken die op­ge­won­den­heid. Ek weet daar word al­tyd baie ge­sê. Dis deel van die sport.”

S­ha­ra­po­va voer aan sy er­vaar nie by­ko­men­de te­leur­stel­ling om­dat sy teen Bou­chard vas­ge­val het nie en glo sy gaan weer haar bes­te peil be­reik en ver­der bou aan haar vyf Grand Slam-ti­tels.

“Ek sou be­kom­merd wees as ek hier ge­sit het en ge­sê het ek is te­vre­de met ’n ne­der­laag, maak nie saak teen wie dit is of in wat­ter ron­de nie,” het S­ha­ra­po­va ge­sê.

“Van­dag was net nie my dag nie. Na­tuur­lik is ek te­leur­ge­steld. Dit is wat my gaan help om meer toer­nooie en Grand Slams te wen.”

– Su­perS­port

Wed­stryd­punt! Eu­ge­nie Bou­chard ui­ter ’n vreug­de­kreet in haar wedstryd teen Ma­ria S­ha­ra­po­va. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.