Meer ba­lans = meer vuur

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Ka­gi­so Rabada glo sy skou­ers is breed ge­noeg om die SuidA­fri­kaan­se snel­aan­val te lei, maar hy wil ook ’n ba­lans tus­sen vol­uit boul en ’n lang loop­baan son­der be­se­rings vind.

B­lits­bou­lers is van­uit ’n be­se­rings­oog­punt krie­ket se kwes­baar­ste spe­lers en SuidA­fri­ka­ners is al klaar be­kom­merd oor die jong blits se werk­las. In die af­we­sig­heid van die be­seer­de Da­le S­teyn is daar die af­ge­lo­pe so­mer van Rabada ver­wag om die Pro­te­as se bou­l­aan­val te lei en wan­neer S­teyn fi­naal sy spy­ker­skoe­ne weg­pak, sal dít ’n heel­tyd­se ver­ant­woor­de­lik­heid wees.

En ter­wyl Pat Cum­mins, een van sy Aus­tra­lie­se span­maats en me­desnel­bou­ler by die Del­hi Da­re­de­vils in die In­die­se P­re­mier­liga, die laas­te klom­pie ja­re in wat­te toe­ge­draai is deur Krie­ket Aus­tra­lië, het Rabada feit­lik on­ver­poos se­dert sy bui­ging ge­speel.

Rabada, wat sy de­buut vir Suid-A­fri­ka in 2014 ge­maak het en la­ter van­dees­maand 22 jaar oud word, glo hy kan die druk en die fi­sie­ke las van drie for­ma­te (toets-, kits- en T20-krie­ket) goed han­teer.

“Ek dink dit sal wel moei­li­ker word soos ek ou­er word,” het hy in ’n on­der­houd met Reu­ters ge­sê. “Maar dit is nog nie ’n pro­bleem nie. So, tans voel ek goed en dat ek dit beslis kan doen.”

Rabada is al­tyd op jag vir

paal­tjies, maar hy er­ken dat hy ter­self­der­tyd wil se­ker maak dat hy nie te vroeg uit­brand nie. “Ek oe­fen hard en doen wat ek moet om my lyf te be­skerm. Ek streef voort­du­rend na die reg­te ba­lans. Hoe­veel ek moet boul, hoe­veel ek moet oe­fen en hoe­veel ek moet rus.”

Rabada het sy toe­tre­de tot in­ter­na­si­o­na­le krie­ket met ’n ver­stom­men­de ver­to­ning teen Bangla­desj uit­ba­suin toe hy 6/16, in­slui­ten­de ’n drie­kuns, in sy eer­ste wedstryd (’n een­dag­krag­me­ting) vir die Pro­te­as plat­ge­trek het. Sy 71 paal­tjies in sy eer­ste 17 toet­se het ver­der sy po­ten­si­aal as ’n toe­koms­ti­ge lei­er van die bou­l­aan­val on­der­streep.

“Ek moet paal­tjies neem, my deel in die veld doen en ho­pe­lik ’n paar lo­pies teen die ein­de van die beurt met die kolf aan­te­ken. Ek be­skou my beslis nie as ’n lei­er nie. Nie­mand het ge­sê ek moet een wees nie.”

Rabada het so­ver ses wed­stry­de vir die Del­hi Da­re­de­vils in van­jaar se IPL ge­speel en glo die reeks is ’n “reu­se-net­werk van i­dees”.

Hy sê hy en Cum­mins ruil i­dees uit en hul­le praat ge­reeld met Ra­hul Dra­vid, die In­die­se kolf­le­gen­de wat deel van die af­rig­ting­span is.

“Ek en Pat is die­self­de ou­der­dom en ons boul ook baie die­self­de. Ons praat baie oor ons boul­werk,” sê Rabada.

“By Ra­hul het ons pro­beer uit­vind oor wat vir hom as kol­wer moei­lik was. As dit moei­lik was vir Ra­hul, be­hoort dit moei­lik vir die mees­te kol­wers te wees.

“So jy pro­beer leer van kol­wers én bou­lers,” sê hy.

Ka­gi­so Rabada Fo­to: GETTY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.