Sok­kies trap diep spo­re

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die oe­fen­groep van be­lo­wen­de at­le­te wat Suid-A­fri­ka moont­lik op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Wê­reld­jeug­kam­pi­oen­skap vir o.18’s in Ke­nia sal ver­teen­woor­dig, is Dins­dag deur At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) aan­ge­kon­dig.

Die groep van 29 at­le­te sal na­der aan die kam­pi­oen­skap, wat van 12 tot 16 Ju­lie plaas­vind, uit­ge­dun word.

Net elf van die at­le­te het tot dus­ver ASA se kwa­li­fi­se­ren­de ver­eis­tes oor­tref, maar vol­gens ASA sien hul­le ge­noeg po­ten­si­aal in die an­der 18 op die lys om hul­le in die voor­lo­pi­ge groep in te sluit.

Op die lys van die 16 seuns en 13 mei­sies staan na­me soos Sok­wak­ha­na “Sok­kies” Za­zi­ni, B­rey­ton Poole, N­tut­hu­ko N­di­man­de, Ju­li­an Bog­ner, Ni­co­le Louw, S­han­ley Koe­ke­moer en Ze­ney van der Walt uit.

Za­zi­ni het die wê­reld laat reg­op sit toe hy die 400 m-hek­kies op 17 Maart in Tuks se L.C. de Vil­liers­sta­di­on in 48.84 sek. af­ge­blits het, wat die der­de vin­nig­ste tyd in die wê­reld vir at­le­te van alle ou­der­dom­me

is.

Dié tyd was nie min­der nie as drie sekondes vin­ni­ger as Ja­mai­ka se Je­re­my Farr, wat in die twee­de plek op die wê­reld se jeug­rang­lys is.

Poole het van­jaar al in die hoog­spring uit­ge­blink en die wê­reld se drie voor­ste hoog­tes vir jeugat­le­te ge­spring.

Sy bes­te was 2.18 m, wat hy in Dur­ban be­haal het.

N­di­man­de het ook so­ver die vin­nig­ste tyd (1:49.69) in die 800 m van­jaar ge­hard­loop.

Bog­ner het die naas­vin­nig­ste tyd (13.58) in die 110 m-hek­kies vir sy ou­der­doms­groep ag­ter sy naam, maar is eer­der ingesluit vir sy ver­spring­ver­mo­ëns. Hy is ook in dié vel­di­tem twee­de in die wê­reld.

Louw is tans in die der­de plek op die wê­reld­rang­lys in die

1 500 m na­dat sy die nom­mer in Dur­ban in 4:21.44 af­ge­lê het.

Lyn­di Roe­lof­se, wat in die ses­de plek op die rang­lys is, is ook in die groep.

Koe­ke­moer is tans in die vier­de plek op die wê­reld­rang­lys in die 2 000 m-hin­der­nis, na­dat sy in A­pril dié veel­ei­sen­de nom­mer in 6:42.68 kaf­ge­draf het. Ca­ra du P­reez (vyf­de plek) is ook in die groep.

Van der Walt is twee­de op die wê­reld­rang­lys in die 400 m-hek­kies. Haar tyd is 57.94 sek.

Die by­een­koms­te se re­ëls be­paal dat geen at­leet mag deel­neem aan meer as een nom­mer, uit­slui­tend af­los­nom­mers, in­dien die at­leet reeds vir die 400 m of lan­ger af­stan­de in­ge­skryf is nie.

Die ge­volg is dat Za­zi­ni tus­sen die 400 m en die 400 m-hek­kies moet kies.

Hy is der­de op die jeug­rang­lys in die 400 m met 46.20 sek.

Sok­wak­ha­na “Sok­kies” Za­zi­ni seil vroe­ër van­jaar oor ’n hek­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.