Brons gee Van Zyl ’n wel­ko­me hup­stoot

Beeld - - Sport - – Su­perS­port

LJ van Zyl se brons­me­dal­je op die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in Doha kan dalk net dié ve­te­raan se sei­soen te­rug op koers kry.

Die jaar het op die at­le­tiek­baan tot dus­ver met ruk­ke en sto­te vir Van Zyl ver­loop, met on­der meer twee ne­der­lae teen die be­lo­wen­de Le­roux Ham­man in Pot­chef­stroom op sy lys van laag­te­pun­te.

Vry­dag het die 31-ja­ri­ge SuidA­fri­ka­ner eg­ter aan­sien­lik be­ter ge­lyk as aan die be­gin van die sei­soen, toe hy met ’n tyd van 49.49 sek. der­de in die 400 m-hek­kies ge­ëin­dig het.

Al sê Van Zyl hy is nie te­vre­de met sy tyd nie, meen hy die uit­slag gee hom nou iets om op voort te bou.

“Om eer­lik te wees het ek nie ge­weet wat­ter peil ek sou kon hand­haaf nie om­dat ek pas van ’n ver­koue her­stel en daar­na si­nus­pro­ble­me ge­had het,” sê Van Zyl.

“Hen­nie K­riel (sy af­rig­ter) het my aan­ge­raai om kon­ser­wa­tief te be­gin en vin­ni­ger te hard­loop soos wat die wed­loop vor­der. Ek het pre­sies dit ge­doen en dit het vir my ge­werk. Ek het sterk ge­voel oor die laas­te twee hek­kies.”

Cor­nel F­re­de­ricks, sy SuidA­fri­kaan­se span­maat, het vyf­de ge­ëin­dig in 49.96 sek. Dit was die eer­ste keer in twee jaar dat F­re­de­ricks op ’n Di­a­mant­li­ga-by­een­koms mee­ge­ding het.

Van Zyl, wat on­langs na K­riel as af­rig­ter ge­skuif het, sê hy be­gin nou eers ge­woond raak aan die pro­gram wat hy moet volg.

“Ek kan voel hoe ek ster­ker word. Die uit­da­ging was vir eers om ge­woond te raak aan die ma­nier waar­op Hen­nie din­ge doen. Dit is heel­te­mal an­ders as waar­aan ek ge­woond was.”

K­riel het ge­weet dit sou ’n taai wed­loop wees met Van Zyl in baan agt.

“Ek weet uit er­va­ring dat at­le­te dik­wels nie veel oor het wan­neer hul­le by die laas­te twee hek­kies kom nie. Baie wed­lo­pe is al in daar­die laas­te 40 m ver­loor. Daar­om wou ek nie hê LJ moet vin­nig be­gin nie.”

Vol­gens K­riel het hy ver­wag Ab­der­rah­man Sam­ba van Ka­tar sou wen.

Sam­ba, wat ge­brei word deur Van Zyl se voor­ma­li­ge af­rig­ter, Hen­nie Kot­ze, het in­der­daad in 48.44 sek. ge­wen, ter­wyl Ker­ron C­le­ment, die O­lim­pie­se kam­pi­oen, twee­de was in 49.40 sek.

“Sam­ba is steeds ’n be­gin­ner wan­neer dit by die 400 m-hek­kies kom. Ek dink nie hy het al aan meer as vyf of ses in­ter­na­si­o­na­le wed­lo­pe deel­ge­neem nie, maar hy is die wa­re Ja­kob. Daar­om het ek ge­weet dit sou ’n fout wees as LJ hom van die be­gin af pro­beer jaag,” sê K­riel.

LJ van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.