Pie­naar in Baabaas­groep wat En­ge­land pak

Beeld - - Sport - – in­de­pen­dent.ie, S­port24

Ul­ster se S­pring­bok­skrum­ska­kel Ru­an Pie­naar en All Black­heel­ag­ter C­har­les Pi­u­tau is ingesluit in die Bar­ba­ri­ans­groep wat op 28 Mei op T­wic­ken­ham teen En­ge­land gaan speel.

Pie­naar en die veel­sy­di­ge Pi­u­tau het dié sei­soen vir Ul­ster ge­skit­ter en is Sondag in die Pro12­droom­span ingesluit.

Die duo sal op 1 Ju­nie in Ul­ster­ge­waad téén die Bar­ba­ri­ans speel, op hul tuis­veld in Bel­fast.

Die Baabaas se wedstryd teen Ul­ster is hul eer­ste se­dert 1957.

Die Bar­ba­ri­ans het in No­vem­ber ver­le­de jaar ook in Bel­fast ge­speel en Fidji met 40­7 af­ge­stof.

An­der spe­lers wat hul­le by die Bar­ba­ri­ans moet aan­sluit, is die En­gel­se flank S­tef­fon Ar­mi­ta­ge (Pau), Sa­moa se slot Joe Te­ko­ri en die Fran­se sen­ter Yann Da­vid (al­bei Tou­lou­se).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.