Nu­we Fi­fa­lei­er weet nie wie’s wê­reld­kam­pi­oen

Beeld - - Sport -

Fi­fa se nu­we ver­teen­woor­di­ger vir vrou­e­sok­ker in A­sië is ge­kri­ti­seer na­dat sy ge­suk­kel het om die hui­di­ge wê­reld­kam­pi­oen te i­den­ti­fi­seer, be­rig bbc.com.

Ma­hfu­za Ak­h­ter Ki­ron van Bangla­desj het die pro­mi­nen­te Aus­sie Moya Dodd Maan­dag met 27 stem­me teen­oor 17 ge­troef vir dié po­si­sie.

Ki­ron is kort ná die be­kend­ma­king van die uit­slae deur die BBC ge­vra wie die hui­di­ge ti­tel­hou­er van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi vir vroue is.

Sy het eers met die der­de pro­beer­slag die kor­rek­te ant­woord – die VSA – ver­skaf.

Haar eer­ste twee ant­woor­de was “Ko­rea” en “Ja­pan”.

“Dit is baie te­leur­stel­lend,” het die twee­ma­li­ge Wê­reld­be­ker­wen­ner Car­li Lloyd ge­sê.

Lloyd se A­me­ri­kaan­se span­maat Alex Mor­gan het op so­si­a­le me­dia teen­oor Ki­ron uit­ge­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.