All Black­trui wink vir jong Jor­die Bar­rett

Beeld - - Sport - – Fran­cois de Wet

Daar word ver­wag dat die naam van die 20­ja­ri­ge rug­by­sen­sa­sie Jor­die Bar­rett as ’n lid van die All Blacks se toets­groep vir die reeks teen die B­rit­se en Ier­se Leeus uit­ge­lees sal word.

Be­spie­ge­lin­ge dat die jon­ger broer van die All Blacks Beau­den en S­cott Bar­rett weer vir Nieu­See­land se o.20­span gaan speel, is gis­ter be­ëin­dig.

Dié jon­ge­ling se naam is nie uit­ge­lees toe die Ba­by Blacks se groep van 28 vir die o.20­Wê­reld­toer­nooi in T­bli­si, Ge­or­gië, aan­ge­kon­dig is nie.

Sy goeie spel­peil vir die Hur­ri­ca­nes in Su­per­rug­by het dui­de­lik die All Black­keur­ders be­ïn­druk en hy kan die der­de Bar­rett­broer word om die be­roem­de swart trui met die sil­wer­va­ring oor sy kop te trek.

Die Ba­by Blacks kom in die groep­fa­se teen S­kot­land (31 Mei), I­ta­lië (4 Ju­nie) en Ier­land (8 Ju­nie) te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.