BOK­KE SE VERSUGTING: Wees ge­na­dig, ge­luks­go­din!

Groe­pe vir 2019­Wê­reld­be­ker van­dag be­paal

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Om saam met een van die voor­ste vier span­ne op die wê­reld­rang­lys en ook Ar­gen­ti­nië in ’n groep te be­land, is ’n lot wat Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter, sal wil sy­stap wan­neer die lo­ting vir 2019 se Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi van­dag in Kyo­to, Ja­pan, plaas­vind.

Suid-A­fri­ka sal weens die feit dat hy se­wen­de ge­keur is saam met een van die voor­ste vier span­ne op Wê­reld­rug­by se rang­lys – Nieu-See­land, En­ge­land, Aus­tra­lië en Ier­land – in ’n groep be­land.

Dat Ar­gen­ti­nië die ne­gen­de plek op die wê­reld­rang­lys be­klee, be­te­ken dat hy in af­de­ling 3 van die lo­ting is. Die vier groe­pe – A, B, C en D – sal span­ne uit elk­een van vyf af­de­lings kry.

Dit is dus nie bui­te die kwes­sie nie dat die Bok­ke saam met die All Blacks en Poe­mas in ’n groep in­ge­deel kan word. Ar­gen­ti­nië het Suid-A­fri­ka in 2015 in Dur­ban en in 2016 in Sal­ta ver­slaan.

In­dien sa­ke ver­der skeef­loop, kan twee van die Suid­see-ei­lan­de se ge­niep­si­ge span­ne ook nog in so ’n groep be­land.

Soos sa­ke in wê­reld­rug­by staan, kan die Bok­ke geen­sins meer op hul tra­di­si­o­ne­le au­ra van ’n span wat ver­al in ’n WB­toer­nooi moei­lik is om te klop, staat­maak nie.

Die moont­lik­heid dat die Bok­ke, soos in 2015, weer saam met Ja­pan in ’n groep sal be­land, kan ook nie uit­ge­sluit word nie, maar die groot­ste be­kom­mer­nis vir al­mal bly die Ar­gen­ty­ne.

Heel waar­skyn­lik kan dit uit­loop op ’n her­ha­ling van die dra­ma van 2015 – toe die gas­heer­land, En­ge­land, in die so­ge­naam­de “Groep van die Dood” met Aus­tra­lië en Wal­lis in­ge­deel en uit­ge­ska­kel is.

Vir Wê­reld­rug­by is die groot be­kom­mer­nis dat die gas­heer, Ja­pan, hom in ’n moei- li­ke groep be­vind. Dit kan die be­mar­kings­waar­de en at­mos­feer van die toer­nooi demp as die C­her­ry Bloss­oms son­der fan­fa­re uit­ge­ska­kel word om­dat hul­le teen twee groot na­sies moet speel.

Hier­die is die eer­ste keer dat ’n WB-toer­nooi bui­te ’n ge­ves­tig­de rug­by­na­sie aan­ge­bied word en ’n Ja­pan­se span wat kwart­eind­ron­de toe vor­der kan baie doen om die spel se on­der­steu­ners­ba­sis te laat groei.

Vir Suid-A­fri­ka is hier­die si­tu­a­sie ’n reg­streek­se uit­vloei­sel van 2016 se nag­mer­rie-sei­soen toe die Bok­ke agt van hul 12 toet­se ver­loor het.

Dit het et­li­ke on­ge­wens­te re­kords – selfs ’n ne­der­laag teen ’n jong I­ta­li­aan­se span – ingesluit.

’n Mens sal hoop dat Bok-rug­by al reg­ge­ruk is teen die tyd dat 2019 se WB-toer­nooi aan­breek, maar Wê­reld­rug­by se be­sluit om die lo­ting meer as twee jaar voor die toer­nooi te doen, be­dui­wel hul kan­se.

Die re­de daar­voor is om or­ga­ni­seer­ders te help om so­veel as moont­lik kaart­jies te ver­koop.

Wê­reld­rug­by het ook ge­hou by die for­maat om span­ne vol­gens hul po­si­sies op die be­heer­lig­gaam se rang­lys te loot.

“Dis ’n ge­loof­waar­di­ge en be­we­se me­to­de, want dit be­loon spel­peil, sti­mu­leer be­lang­stel­ling en het die steun van ons u­nies,” het Bill Beau­mont, Wê­reld­rug­by se uit­voe­ren­de hoof, lui­dens ’n be­rig deur Reu­ters ge­sê.

Die toer­nooi duur van 20 Sep­tem­ber tot 2 No­vem­ber en wed­stry­de sal in 12 ste­de ge­speel word. Ja­pan se be­vol­king is na­ge­noeg 127 mil­joen, wat die kans op ys­li­ke groei­po­ten­si­aal bied.

“Die lo­ting is ’n groot myl­paal en dit gaan o­pen­ba­re be­lang­stel­ling prik­kel,” sê A­ki­ra S­hi­ma­zu, toer­nooi­hoof.

■ Die lo­ting word van 10:00 af reg­streeks op SS 1 uit­ge­saai.

As die ge­luks­go­din van­dag by die Wê­reld­be­ker­lo­ting in Ja­pan haar rug op die S­pring­bok­ke draai, kan hul­le in 2019 so vroeg as die groep­fa­se van die toer­nooi al teen die All Blacks te staan kom. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.