Lof­tus­pak­slae reeds ver­ge­te, sê Jes­se

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Dit wat Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld ge­beur het móét seer­maak, maar dit is net so be­lang­rik om so gou moont­lik op die vol­gen­de uit­da­ging te fo­kus, sê die S­pring­bok Jes­se K­riel.

Ná die groot ne­der­laag van 62-24 wat die Bul­le in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-krag­me­ting op hul tuis­veld teen die Cru­sa­ders ge­ly het, was Maan­dag­og­gend se ont­le­ding­ses­sie op Lof­tus se B-veld ’n som­ber af­fê­re.

Die ko­men­de Sa­ter­dag kom die High­lan­ders in P­re­to­ria be- soek af­lê in die reeks.

“Ons is al­mal baie te­leur­ge­steld met die uit­slag. Jy speel el­ke Sa­ter­dag om te wen, maar ons is deur die Cru­sa­ders bloot­ge­stel.

“Daar is in rug­by ’n tyd­gleuf van 24 uur waar­in jy moet seer hê en self­on­der­soek doen.

“Dis nou uit ons stel­sel en ons het ’n nu­we blaad­jie om­ge­slaan,” sê K­riel.

Dié 23-ja­ri­ge veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler het al ’n paar siel­kun­di­ge op­slag­bal­le in sy jong loop­baan trot­seer.

Hy het die nr. 13-trui ge­dra die dag toe Ja­pan die S­pring­bok­ke in 2015 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi ge­skok het.

K­riel het in die aan­loop tot die Cru­sa­ders-slag­ting ge­sê die Bul­le sien daar­na uit om hul­le teen die voor­ste Nieu-See­land­se span­ne te meet.

“Wan­neer dit ge­beur, moet jy har­der werk. Dit gaan oor jou in­ge­steld­heid.

“Die werk­lik­heid is dat ons deur ’n be­ter span ge­klop is en dat ons nie goed ge­noeg was nie. Dit moet jou aan­spoor en van jou ’n be­ter spe­ler maak.”

Die Cru­sa­ders se sen­ter­paar ver­le­de Sa­ter­dag, Jack Good­hue en Tim Ba­te­man, het tus­sen hul­le drie drieë ge­druk en het in die mid­del­veld bal­jaar.

K­riel-hul­le kom in hul vol­gen­de stryd teen ’n ewe ge­vaar­li­ke kom­bi­na­sie van Rob T­homp­son en Ma­la­kai Fe­ki­toa te staan.

“Ons moet van voor af ’n nu­we plan be­raam waar­mee ons die High­lan­ders kan klop. Ons wil wen en nie net mee­ding nie.

“Die Cru­sa­ders se in­ten­si­teit was baie goed en dit het ons flou laat lyk. Die High­lan­ders se aan­slag sal soort­ge­lyk wees en ons moet dié keer se­ker maak ons is be­ter voor­be­reid.”

Die Bul­le is nie net on­der druk om be­ter te ver­de­dig nie; hul­le gaan ook meer moet uit­rig op die aan­val. Vir ’n span wat aan­val­len­de voor­uit­gang voor­op stel, is 22 drieë in ne­ge wed­stry­de nie goed ge­noeg nie.

Net die For­ce (19) en die Re­bels (10) het tot dus­ver min­der drieë in die kom­pe­ti­sie ge­druk.

Die e­nig­ste be­moe­di­gen­de sta­tis­tie­ke vir die Bul­le is dat die High­lan­ders en die Blu­es die twee Nieu-See­land­se span­ne is wat die mees­te drieë deur­laat – 29 in tien krag­me­tings.

Jes­se K­riel het Sa­ter­dag min deur­kom­kans ge­kry. Fo­to: GALLO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.