Leeus lug­tig vir ge­kwes­te Brum­bies

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Brum­bies kry Vry­dag die ge­leent­heid om ’n bie­tjie trots vir Aus­tra­lie­se rug­by te her­win.

Dat al die Nieu-See­land­se Su­per­rug­by-span­ne meer liga­pun­te het as die Brum­bies, wat die pas in die Aus­tra­lie­se kon­fe­ren­sie aan­gee, kan as ’n ver­leent­heid vir die sport Doer On­der be­stem­pel word.

As die span dus sy stryd teen die Leeus, die toon­aan­ge­wen­de Suid-A­fri­kaan­se span, Vry­dag in Can­ber­ra kan wen, sal die Aus­sies da­rem iets hê om oor te glim­lag.

Die Leeus het tot dus­ver ge­mak­lik met die an­der vier Aus­tra­lie­se span­ne af­ge­re­ken, maar die Brum­bies sal straks die Gau­ten­gers se groot­ste toets van die vyf wees en Jo­han Ac­ker­mann, Leeus-brei­er, is be­wus daar­van.

“Ons het na­tuur­lik aan die be­gin van die toer reeds ge­weet die Brum­bies gaan die groot­ste be­drei­ging in­hou. Maar ons moes die toer steeds wedstryd vir wedstryd be­na­der,” sê hy.

“Die For­ce en die Re­bels het elk ’n punt ge­had om te be­wys en dit sou vir hul­le won­der­lik wees om ’n kon­fe­ren­sie-voor­lo­per te klop, so dit het ’n u­nie­ke uit­da­ging ge­bied. Ons moes daar­op fo­kus voor­dat ons op die Brum­bies kon kon­sen­treer.”

Die Brum­bies be­hoort boon­op vars te wees na­dat hul­le ver­le­de week ’n los­loot­jie ge­had het. Die Leeus, daar­teen­oor, het ’n dag min­der as ver­le­de week ge­had om voor te be­rei.

“Dit was ’n kor­ter week om­dat ons Vry­dag speel en nie Sa­ter­dag nie, so ons moes ons voor­be­rei­ding daar­vol­gens aan­pas,” sê Ac­ker­mann.

Hen­ry S­peig­ht, die tuis­span se Wal­la­by-vleu­el, sê sy span is uit­ge­rus en slag­ge­reed vir die uit­da­ging wat die Leeus bied.

“Ons voel baie goed, dit was ’n goeie paar dae weg van die spel en al­mal is lek­ker vars,” sê S­peig­ht vol­gens die Brum­bies se amp­te­li­ke web­werf.

Hy be­sef dat die Leeus, wat se­we wed­stry­de ag­ter­een­vol­gens ge­wen het, ’n bit­ter ge­vaar­li­ke span is.

“Die Leeus speel tans baie goed. Hul­le is bo­aan die pun­te­lys van hul kon­fe­ren­sie en die uit­slae tot dus­ver be­wys dat hul­le ’n be­drei­ging in­hou.”

S­peig­ht meen die Leeus is ’n in­druk­wek­ken­de een­heid met min swak­pun­te.

“Hul­le het ’n mas­sie­we pak voor­spe­lers en ’n baie ge­vaar­li­ke ag­ter­lyn. Ons fo­kus wel eerstens op ons eie spel. Ons wil bo­aan ons kon­fe­ren­sie bly, want dit sal ons in ’n goeie po­si­sie vir die uit­speel­stry­de plaas.”

Ac­ker­mann het in­tus­sen vyf ver­an­de­rin­ge aan sy be­gin­span ge­doen, wat ’n splin­ter­nu­we voor­ry in­sluit.

■ Leeus: An­dries Coet­zee, Syl­vi­an Ma­hu­za, Li­o­nel Ma­poe, Ha­rold Vor­ster, Court­nall S­ko­san, El­ton Jan­tjies, Ross Cron­jé, War­ren W­hi­te­ley (k), Ru­an Ac­ker­mann, K­wag­ga S­mith, Fran­co Mos­tert, An­dries Fer­rei­ra, Jo­han­nes Jon­ker, Rob­bie Coet­zee, Cor­né Fourie. PLAASVERVANGERS: Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooy­en, Ru­an D­rey­er, Lourens Eras­mus, Ro­bert Kru­ger/Cy­le B­rink, Dil­lon S­mit, Ja­c­ques Nel, An­tho­ny Vol­mink.

Hen­ry S­peig­ht, die Brum­bies se Wal­la­by­vleu­el. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.