Só werk die lo­ting

Beeld - - Sport -

Daar is vier groe­pe – A, B, C en D – met vyf span­ne elk. El­ke groep be­vat ’n span uit elk van die vyf af­de­lings, met span­ne in die eer­ste drie af­de­lings wat al­mal reg­streeks kwa­li­fi­seer op grond van waar hul­le in die laas­te Wê­reld­be­ker-toer­nooi ge­ëin­dig het.

Hul­le is vol­gens hul plek op Wê­reld­rug­by se rang­lys ge­keur na­dat die Se­s­na­sies­reeks op 18 Maart ten ein­de ge­loop het.

Die af­de­lings is as volg:

■ Af­de­ling 1: Nieu-See­land (eer­ste ge­keur), En­ge­land (2), Aus­tra­lië (3), Ier­land (4).

■ Af­de­ling 2: S­kot­land (5), Frank­ryk (6), SuidA­fri­ka (7), Wal­lis (8).

■ Af­de­ling 3: Ar­gen­ti­nië (9), Ja­pan (10), Ge­or­gië (11), I­ta­lië (12).

■ Af­de­ling 4: O­se­a­nië 1 en 2 (die twee bes­te span­ne uit Fidji, Sa­moa en Ton­ga oor die gang van twee mi­ni-toer­nooie in 2016 en van­jaar), Eu­ro­pa 1 (die voor­ste span uit die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oen­skap (vir span­ne wat nie in die Se­s­na­sies­reeks speel nie, Ge­or­gië uit­ge­sluit), A­me­ri­kas 1 (die wen­ner van ’n uit­speel­wed­stryd tus­sen die VSA en Ka­na­da).

■ Af­de­ling 5: A­fri­ka 1 (wen­ner van die A­fri­ka­kam­pi­oen­skap), A­me­ri­kas 2 (die ver­loor­der van die wedstryd tus­sen die VSA en Ka­na­da speel teen die naas­bes­te SuidA­me­ri­kaan­se span ná Ar­gen­ti­nië om dit te be­paal), uit­speel­wen­ner (die der­de span uit Fidji, Sa­moa en Ton­ga speel teen die naas­bes­te span uit die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oen­skap om dit te be­paal), bes­te ver­loor­der (die vier bes­tes on­der die ver­loor­ders in die kwa­li­fi­se­rings­pro­ses van oor die wê­reld heen speel in ’n toer­nooi teen me­kaar om dit te be­paal).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.