TV­li­sen­sie vir jou sel­foon?

Beeld - - Voorblad -

Kyk jy TV op jou re­ke­naar, sel­foon of ta­blet?

Dan sê die SAUK jy be­hoort ’n TV-li­sen­sie daar­voor te be­taal.

Ja­mes A­gu­ma, uit­voe­ren­de hoof van die SAUK, het gis­ter aan die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie ge­sê die o­pen­ba­re uit­saai­er wil wet­ge­wing ver­an­der so­dat ’n li­sen­sie no­dig is vir TV kyk op al­ler­lei toe­stel­le en ka­toe­ters.

A­gu­ma, SAUK-hoog­ge­plaas­tes en die tus­sen­tyd­se SAUK-raad het voor die ko­mi­tee ver­skyn.

A­gu­ma sê die SAUK maak hom ge­reed vir ’n klei­ner in­kom­ste van TV-li­sen­sies van­jaar.

Tans be­taal jy ’n TV-li­sen­sie vir toe­stel­le wat ’n TV-sein kan ont­vang.

Met vi­deo-op-aan­vraag (VOD) en di­gi­ta­le in­houd wat op an­der toe­stel­le ge­kyk kan word, kyk al hoe meer Suid-A­fri­ka­ners TV op re­ke­naars, toe­stel­le en sel­fo­ne.

A­gu­ma sê as wet­ge­wing ver­an­der word, kan dit die kli­ën­te­ba­sis vir die SAUK se TV­li­sen­sies ver­groot en dus sy in­kom­ste ver­groot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.