Aan­val­le op pla­se: 3 op een dag

Boer veg om le­we ná skoot in maag

Beeld - - Voorblad - A­let Jou­bert en Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Een dag, drie pro­vin­sies, drie plaas­aan­val­le. Een boer se le­we hang aan ’n draad­jie en nog een her­stel van ’n skiet­wond.

Al die aan­val­lers – 12 – is nog op vrye voet met die vuur­wa­pens wat in die on­der­skeie voor­val­le ge­buit is.

D­ries Min­nie (60) is in die buik ge­wond toe vyf mans hom en sy vrou Dins­dag om­streeks 17:00 in die As­sen-dis­trik in Noordwes aan­ge­hou het.

“Die aan­val­lers het ge­sê hul­le soek geld en wa­pens,” sê ao. M­pei­le Ta­la­ne, po­li­sie­woord­voer­der in B­rits.

Die aan­val­lers het die huis ge­plun­der en ’n ha­el­ge­weer, hand­wa­pen, sel­fo­ne en geld ge­buit.

Min­nie is in ’n Ne­t­ca­re 911nood­he­li­kop­ter na ’n Jo­han­nes­burg­se hos­pi­taal ge­bring.

Vol­gens in­lig­ting wat TLU SA van sy vei­lig­heids­ko­mi­tee ont­vang het, is Min­nie ná ’n o­pe­ra­sie in ’n be­sten­di­ge toe­stand, maar het die koe­ël groot ska­de

aan­ge­rig. Die kant van ’n long is ge­tref en sy milt is ver­wy­der na­dat dit ge­bars het.

Die po­li­sie, in sa­me­wer­king met spoor­sny­ers en die He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), ’n mis­daad­be­stry­dings­or­ga­ni­sa­sie, het ’n reu­se-soek­tog na die aan­val­lers op tou ge­sit.

Die vyf aan­val­lers wat Wil­lem van der Mer­we van die plaas D­rie­hoek tus­sen Bet­hal en Se­cun­da in Mpumalanga ge­skiet het, is ook nog soek.

Van der Mer­we (56), sy vrou, Ni­co­leen (48), en hul dog­ter, Zel­ma­rie (19), is Dins­dag om­streeks mid­der­nag in hul huis oor­val.

“Die aan­val­lers het geld en vuur­wa­pens ge­ëis en ge­dreig om Zel­ma­rie met ’n stryk­ys­ter te brand,” sê Hen­ry Gel­den­huys, ad­junk­pre­si­dent van TLU SA en voor­sit­ter van die or­ga­ni­sa­sie se vei­lig­heids­ko­mi­tee.

Die aan­val­lers het Wil­lem met ’n klein­ka­li­ber-vuur­wa­pen in die been ge­skiet en die ge­sin in die in­stap­kluis toe­ge­sluit. Die ro­wers het ’n groot klomp vuur­wa­pens en Wil­lem se Ford-bak­kie ge­buit.

Vol­gens Seis Prins­loo, lid van die plaas­li­ke vei­lig­heid­struk­tuur, het die ge­sin hul­le uit die kluis be­vry en Ni­co­leen het op ’n na­bu­ri­ge plaas hulp gaan soek.

Prins­loo het die po­li­sie van Bet­hal en om­lig­gen­de kan­to­re vir hul werk ge­loof en Lan­gaMed en ER24 ge­loof vir hul vin­ni­ge op­tre­de om Wil­lem by ’n hos­pi­taal te kry waar die koe­ël ver­wy­der is. “T­wee van die vuur­wa­pens is bui­te die huis te­rug­ge­vind,” sê Prins­loo.

In Roos­se­ne­kal in Limpopo het t­wee ge­wa­pen­de mans Dins­dag 12:30 op die plaas Rem­hoog­te van Hans en Chris­ti­ne Ac­ker­man toe­ge­slaan.

Chris­ti­ne (58) en haar huis­wer­ker, wie se naam nie ver­skaf is nie, is in ver­skil­len­de ver­trek­ke vas­ge­bind.

Die ro­wers het met ’n vuur­wa­pen, geld, ju­we­liers­wa­re, sel­fo­ne en ’n skoot­re­ke­naar weg­ge­kom.

“Na­si­o­naal bring dit die ge­tal aan­val­le in Mei op 11 te staan,” sê Gel­den­huys.

Wil­lem van der Mer­we, sy vrou, Ni­co­leen, en hul dog­ter, Zel­ma­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.