S­choe­man ‘Dit was na­tuur­li­ke oor­sa­ke’

Beeld - - Voorblad - El­sje du Toit en Han­nes Kru­ger

Die skry­wer Ka­rel S­choe­man is aan “na­tuur­li­ke oor­sa­ke” dood en “geen te­ken van be­se­rings of ek­ster­ne in­spuit­mer­ke kon op sy lyf ge­kry word nie”.

So lui die na­dood­se ver­slag wat op 5 Mei deur dr. C­han­tel­le Lie­ben­berg, fo­ren­sie­se pa­to­loog, uit­ge­reik is.

“Ek is deur die po­li­sie­lid aan wie die dood ge­rap­por­teer is daar­van in ken­nis ge­stel dat daar nie ge­noeg be­wy­se is om ’n na­dood­se on­der­soek te doen nie.

“Deur­dat ’n saak nie ge­o­pen is nie, het ek nie die regs­be­voegd­heid om ’n ou­top­sie te doen nie.”

Carl van Rens­burg, S­choe­man se pro­ku­reur, het die ver­slag aan Beeld ver­skaf.

Prof. Wil­lem Land­man, lid van Dig­ni­ty SA se uit­voe­ren­de ko­mi­tee, sê hy ver­wel­kom en aan­vaar die na­dood­se ver­slag.

“Die fo­kus be­hoort op die gro­ter ge­sprek te wees. Dit was ook S­choe­man se wens dat sy dood op ’n ma­nier sal by­dra tot die gro­ter de­bat oor by­stand­dood. Dit is waar die klem nou moet lê.”

Hy wou nie in dié sta­di­um kom­men­taar le­wer oor pre­sies hoe S­choe­man (77) dood is nie en

het net weer ge­sê ’n na­dood­se on­der­soek sal die pre­sie­se oor­saak van sy dood kan be­paal, maar dat dit “nie nou die es­sen­sie is nie”.

Land­man sê hy het baie be­grip en steun ge­kry na­dat dit aan die lig ge­kom het dat hy S­choe­man “raad ge­gee het oor die op­sies wat uit­ge­voer kan word oor die be­ëin­di­ging van die le­we”.

“Ek het hom van lees­stof voor­sien en as ge­spreks­ge­noot op­ge­tree.”

Ma­rie R­hee­der, ’n ver­trou­e­ling van S­choe­man wat hom die af­ge­lo­pe se­we jaar ge­neem het na plek­ke waar­heen hy wou gaan, sê sy is ver­lig oor die ver­slag.

“Oom Ka­rel het t­wee jaar na­vor­sing hier­oor ge­doen.

“Ek kan nie pre­sies ont­hou wat hy vir my ge­sê het nie, maar hy het ge­sê daar is ma­nie­re waar­op jy jou le­we da­de­lik kan be­ëin­dig. Dis hoe­kom hy so mooi net­jies op sy bed ge­lê het (toe hy dood is).”

Lie­ben­berg sê in die ver­slag sy het in die ek­ster­ne on­der­soek geen aan­dui­ding van die aan­ty­gings oor self­dood op­ge­spoor nie. “En geen spe­si­fie­ke ge­skie­de­nis wat daar­op kan dui dat die dood on­na­tuur­lik was, is aan my oor­ge­dra nie.”

’n B­rie­fie van S­choe­man se dok­ter wat 17 Fe­bru­a­rie van­jaar ge­da­teer is, lui hy is vir Par­kin­son se siek­te, hi­per­ten­sie, e­pi­lep­sie en/of a­ti­pie­se pyn, gas­trie­se re­fluks en ek­seem be­han­del. Hy het ’n lig­te bloed­ver­dun­ner, py­nen slaap­ta­blet­te ge­bruik, lui die ver­slag.

“Af­ge­sien van sleg­te bloed­sir­ku­la­sie in die be­ne het hy geen te­ken van be­se­rings of ek­ster­ne in­spuit­mer­ke ge­had nie.”

In ’n ver­kla­ring wat S­choe­man voor sy dood aan sy pro­ku­reur ge­gee het, het hy ge­sê hy wil sy le­we be­ëin­dig om­dat hy nie oud wil word nie.

Ka­rel S­choe­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.