LUR moet R1,6 m. hoes oor kon­trak

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n LUR van Limpopo moet bin­ne t­wee we­ke R1 638 728 be­taal weens on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes en haar voor­ma­li­ge de­par­te­ments­hoof

R1 154 432.

S­tan Mat­ha­ba­tha, pre­mier van Limpopo, het Dins­dag die sweep ge­klap en Ma­pu­la Mo­ka­ba-P­hukwa­ne, des­tyds LUR vir ver­voer en vei­lig­heid, en Han­li du P­les­sis, wat steeds de­par­te­ments­hoof is, be­veel om die geld te­rug te be­taal.

In ’n on­der­soek van die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) is be­vind Mo­ka­ba-P­hukwa­ne het on­wet­tig ’n kon­trak aan ’n maat­skap­py toe­ge­ken om ’n fo­ren­sie­se ou­dit in haar de­par­te­ment te doen toe sy nog LUR vir ver­voer en vei­lig­heid was.

Die EFF het die klag teen Mo­ka­ba-P­hukwa­ne in 2014 by die OB in­ge­dien.

Mo­ka­ba-P­hukwa­ne, sus­ter van wy­le Pe­ter Mo­ka­ba, voor­ma­li­ge ANC-jeug­li­ga­lei­er, is in­tus­sen ge­skuif en dien nou as LUR vir land­bou.

Des­tyds het sy ’n be­ta­ling van R4 mil­joen aan MPA In­ves­ti­ga­tors goed­ge­keur om be­weer­de on­re­ël­ma­tig­he­de in die de­par­te­ment van ver­voer en vei­lig­heid te on­der­soek.

Die OB het op 2 Fe­bru­a­rie van­jaar be­vind dit was ’n oor­tre­ding van so­wel die Wet op O­pen­ba­re Fi­nan­si­ë­le Be­stuur as die Wet op E­tiek vir die Uit­voe­ren­de Ge­sag om­dat Mo­ka­ba-P­hukwa­ne nie die reg ge­had het om ’n kon­trak aan ’n

maat­skap­py toe te ken nie. S­legs die de­par­te­ments­hoof kan dit doen.

Die OB het ook Du P­les­sis skul­dig be­vind aan die oor­tre­ding van die t­wee wet­te en aan­be­veel dat stap­pe teen al­bei ge­doen word.

Ken­ny Ma­thi­vha, woord­voer­der van Mat­ha­ba­tha, sê ná hul voor­leg­gings aan die tug­ko­mi­tee het die pre­mier Mo­ka­ba-P­hukwa­ne ’n mon­de­lin­ge waar­sku­wing ge­gee. Du P­les­sis het ’n fi­na­le skrif­te­li­ke

waar­sku­wing ge­kry.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er, sê Mat­ha­ba­tha het ge­sloer. Die OB se ver­slag is al drie maan­de ge­le­de uit­ge­reik. Hy sê die DA het al in De­sem­ber 2016 die Limpopo-wet­ge­wer se e­tiek­ko­mi­tee ge­vra om die toe­ken­ning van die kon­trak te on­der­soek. “Die e­tiek­ko­mi­tee het nog nooit daar­oor ver­ga­der nie.”

Jos­sey But­ha­ne, EFF-lid van die Limpopo-wet­ge­wer, sê in­dien dit ’n an­der staats­amp­te­naar en nie ’n LUR was nie, sou Mo­ka­ba-P­hukwa­ne af­ge­dank ge­wees het. Vol­gens hom is die EFF “nog nie klaar met die saak nie”.

Ma­thi­vha sê oor­een­koms­tig die OB se ver­slag het al­le le­de van die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ge­sag in Limpopo werk­ses­sies by­ge­woon waar die na­si­o­na­le te­sou­rie rig­ly­ne oor goeie re­ge­ring en e­tie­se lei­er­skap ge­gee het.

S­tan Mat­ha­ba­tha, pre­mier van Limpopo, en Ma­pu­la Mo­ka­ba­P­hukwa­ne, LUR vir ver­voer en vei­lig­heid, in 2015 by die o­pe­ning van die Limpopo­wet­ge­wer in Le­bo­wak­go­mo. Mo­ka­ba­P­hukwa­ne is nou die LUR vir land­bou. Fo­to: MA­RIE­TIE LOUW­CAR­STENS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.