Toe­lae: ‘5 jaar, R6 mjd.’

Beeld - - Nuus -

Dit kan vyf jaar duur en so­wat R6 mil­jard kos voor­dat die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling die pro­ses kan oor­neem om maat­skap­li­ke toe­lae aan Suid-A­fri­ka­ners te be­taal.

Só het Bat­ha­bi­le Dlamini, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, gis­ter aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling ge­sê.

Sy het eg­ter be­klem­toon dat die kon­trak met Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS) in 2018 sal ver­stryk.

Dlamini, se­ni­or amp­te­na­re van die de­par­te­ment en die hoof van die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) het die ko­mi­tee oor die de­par­te­ment se be­gro­ting en pres­ta­sie­plan­ne in­ge­lig.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het die de­par­te­ment se kon­trak met CPS in Maart met ’n jaar ver­leng om Sas­sa tyd te gee om al­ter­na­tie­we re­ë­lings te tref met die uit­be­ta­ling van maat­skap­li­ke toe­lae.

Dlamini het aan LP’s ge­sê daar is iets waar­oor die amp­te­na­re nie wil praat nie.

“Ons het na die be­gro­ting ge­kyk en stem saam dit gaan nie 12 maan­de neem om die he­le pro­gram af te han­del nie.”

Sy stem saam dat CPS moet gaan, “maar dit gaan ’n pro­ses van vyf jaar wees. Die kos­te is tans na ra­ming R6 mil­jard.”

Sy het Suid-A­fri­ka­ners aan­ge­moe­dig om dit as ’n “belegging” te beskou, want so­dra Sas­sa die maat­skap­li­ke toe­lae be­gin be­taal, “sal daar ’n be­spa­ring wees”.

Sas­sa sal saam met die Pos­kan­toor werk om te ver­staan wat dié hul­le kan bied. Die Pos­kan­toor is vroe­ër as ’n moont­li­ke op­sie ge­noem om die uit­be­ta­lings te be­har­tig.

T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za, uit­voe­ren­de hoof van Sas­sa, het dit be­aam.

“Ons het 12 maan­de ge­kry om CPS uit te fa­seer. Dit sal dus oor 12 maan­de ge­doen word – daar is geen twy­fel daar­oor nie. Ons is nie ge­vra nie, maar aan­ge­sê om dit te doen.”

Sas­sa sal aan­staan­de week ’n werk­ses­sie met die Pos­kan­toor hê om te be­paal wat­ter as­pek­te die Pos­kan­toor sal kan han­teer.

As daar as­pek­te is waar­mee die Pos­kan­toor nie kan help nie, sal daar be­sluit word oor die pad vo­ren­toe. Dit mag vol­gens Mag­wa­za dalk t­wee, drie, vier of vyf jaar duur.

“Ek kan eg­ter die ver­se­ke­ring gee dat CPS in 2018 nie meer daar sal wees nie,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.