Lug­diens se ver­lie­se wek kom­mer, sê Gi­ga­ba

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die re­ge­ring oor­weeg dit nog of ’n min­der­heids­aan­deel­hou­er ’n op­los­sing kan wees om die fi­nan­si­eel suk­ke­len­de Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) reg te ruk.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het gis­ter só in die par­le­ment ge­sê toe hy ge­vra is of die na­si­o­na­le te­sou­rie sal voort­gaan om ’n min­der­heids­aan­deel in die staats­be­heer­de SAL aan pri­va­te aan­deel­hou­ers te ver­koop.

Dit was deel van die regruk­plan­ne van Pra­vin Gord­han, die vo­ri­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, en Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, vir die SAL.

Die te­sou­rie het ook ’n on­der­soek laat doen na die le­wens­vat­baar­heid van die moont­lik­heid om al drie staats­be­heer­de lug­diens­te – die SAL, Man­go en SA Ex­press – te laat saam­smelt om kos­te ver­der te ver­min­der.

Gi­ga­ba het gis­ter ge­sê bo­ge­noem­de on­der­soe­ke is af­ge­han­del.

“Die re­ge­ring oor­weeg nou die on­der­soe­ke se be­vin­dings en sal be­sluit hoe ons sal voort­gaan. Dit sal die lang­ter­myn­re­gruk­stra­te­gie vir die SAL in­sluit. In dié pro­ses sal be­paal word of ons sal voort­gaan met die pro­ses vir ’n min­der­heids­aan­deel­hou­er in die SAL. Die min­der­heids­aan­deel­hou­er hoef nie net uit die pri­va­te sek­tor te kom nie, maar kan ook uit die o­pen­ba­re sek­tor kom.”

Alf Lees, DA-ad­junk­woord­voer­der oor fi­nan­sies, het aan Gi­ga­ba ge­sê dat die SAL net in die hui­di­ge boek­jaar ver­lie­se van R4,5 mil­jard ge­ly het en dat dit al hoe meer lyk of die lug­diens nog staats­waar­bor­ge sal be­no­dig net om sy be­dry­wig­he­de te kan voort­sit.

Gi­ga­ba het hier­op ge­sê die SAL se ver­lie­se is kom­mer­wek­kend. “Die de­par­te­ment werk met al­le rol­spe­lers en gee daag­liks aan­dag aan die SAL se be­dry­wig­he­de om hom uit sy geld­knyp te kry. Daar is eg­ter geen en­ke­le op­los­sing nie.”

Ma­lu­si Gi­ga­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.