Sas­sa wil ap­pel­leer teen uit­spraak oor af­trek­kings

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Die Suid­A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) be­oog om ap­pèl aan te te­ken teen die hoog­ge­regs­hof uit­spraak in P­re­to­ria dat se­ke­re af­trek­kings wel van die maat­skap­li­ke toe­la­es van Suid­A­fri­ka­ners ge­doen mag word.

Die hof het Dins­dag ver­klaar dat Sas­sa geen be­heer het oor die re­ke­nin­ge waar­in die ont­van­gers van dié toe­lae se geld in­be­taal word nie.

T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za, uit­voe­ren­de hoof van Sas­sa, het gis­ter aan le­de van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling ge­sê hul­le be­stu­deer die uit­spraak nog, “maar ons kan reeds sê dat Sas­sa gaan ap­pel­leer”.

Mag­wa­za het ge­sê Sas­sa sal dit nie “som­mer net so aan­vaar nie”.

Ook Bat­ha­bi­le Dlamini, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het haar te­leur­stel­ling oor die uit­spraak laat blyk.

“Ons ba­klei reeds ’n lang tyd hier­oor,” het sy ge­sê. Die kwes­sie oor of ruim­te aan geld­skie­ters by uit­be­ta­lings­pun­te ge­gee moet word, ver­eis vol­gens haar aan­dag, “want daar is geen geld­skie­ters by ’n bank” nie.

Lie­zl van der Mer­we, IVP­LP, het kom­mer uit­ge­spreek oor die on­wet­ti­ge af­trek­kings by be­guns­tig­des en daar­op aan­ge­dring dat ie­mand daar­voor aan­spreek­lik ge­hou moet word.

Ro­se­ma­ry Ca­pa, ko­mi­tee­voor­sit­ter, het Dlamini ge­steun.

“As po­li­ti­ci en LP’s van die ko­mi­tee is ons baie te­leur­ge­steld. As dit no­dig is soos som­mi­ge sê, sal ons vra vir ’n wets­wy­si­ging.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.