V­ler­k­loos help hy spe­sie red

Hy kan ná am­pu­ta­sie nog voort­plant

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Al kan hy nie meer vlerk­sleep nie, kan ’n krans­aas­vo­ël wat on­langs teen ’n krag­paal be­seer is, sy kri­tiek be­dreig­de spe­sie help red.

Dr. Do­ri­an­ne El­li­ot, hoof van die kli­niek vir vo­ëls en ek­so­tie­se die­re in die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se fa­kul­teit vee­art­se­ny­kun­de, het die be­seer­de aasvoël se lin­ker­vlerk gis­ter ge­am­pu­teer.

Sy doen nie som­mer so iets nie, maar aas­vo­ëls word so kri­tiek be­dreig en son­der ’n vlerk kan hul­le nog voort­plant.

Die krans­aas­vo­ël van so tus­sen t­wee of drie jaar oud het so­wat ’n maand ge­le­de in ’n krag­paal in Lich­ten­burg vas­ge­vlieg.

Die men­se wat hom ge­vind het, het die aasvoël re­ha­bi­li­ta­si­een­te el sen­trum Vul pro in Noordwes da­de­lik ge­bel.

Sy vlerk was baie sleg ge­breek.

Dik­wels kan ge­breek­te vler­ke ge­spalk word, maar die aasvoël se elm­boog­ge­wrig was ge­breek.

Die moei­lik­ste deel van die o­pe­ra­sie is om die ve­re om die breuk uit te pluk, sê sy. Mei­sie Ma­lat­se, haar as­sis­tent, moes dit eers doen.

Vo­ëls kan nie lank on­der die mes wees nie. Na­dat hy ver­doof is, is die am­pu­ta­sie bin­ne ’n uur af­ge­han­del. Om tyd te be­spaar, het El­li­ot een lang steek pleks van in­di­vi­du­e­le ste­ke in­ge­sit.

Die pienk ont­smet­tings­mid­del wat sy op die stom­pie ge­spuit het, hou ook vlieë weg.

Die krans­aas­vo­ël is di­rek ná die am­pu­ta­sie ont­slaan.

Hy gaan vir eers in ’n hos­pi­taal­kamp by Vul­pro aan­sterk.

C­har­né Wil­hel­mi, hoof­be­stuur­der van Vul­pro, sê hul­le word dik­wels ge­vra hoe­kom hul­le be­reid is om so ver ag­ter een be­seer­de vo­ël aan te ry.

“Dis so­dat ons el­ke lie­we een kan red. Hul­le speel so ’n be­lang­ri­ke rol in die e­ko­stel­sel.”

On­langs het hul­le ’n aasvoël in Po­f­ad­der gaan haal wat ook in ’n krag­paal vas­ge­vlieg het.

Aas­vo­ëls word ook vir moe­tie ver­gif.

“Daar is men­se wat glo as jy met ’n aas­vo­ël­kop on­der jou kop­kus­sing slaap, sal jy met jou voor­va­ders kan praat of in die toe­koms kan sien.”

Vol­gens Wil­hel­mi is daar baie an­der wy­fies by Vul­pro wat die man­ne­tjie se aan­dag kan trek.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Dr. Do­ri­an­ne El­li­ot (links), hoof van die kli­niek vir vo­ëls en ek­so­tie­se die­re in die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se fa­kul­teit vee­art­se­ny­kun­de, en Mei­sie Ma­lat­se, haar as­sis­tent, be­sig met die voor­be­rei­dings vir die o­pe­ra­sie om die aasvoël se vlerk te am­pu­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.