Em­bri­o­fos­siel van di­no in ei­er laat ken­ners juig

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Eers was daar die ei­er, ’n reus­ag­ti­ge een met ’n em­brio van 38 cm lank daar­in.

Toe kom die “hoen­der”, ’n ge­veer­de di­no­sou­rus van 8 m lank wat by die drie ton weeg.

Dui­sen­de ei­ers is in 1993 in die C­hi­ne­se pro­vin­sie He­nan ge­vind, vol­gens ’n ar­ti­kel wat pas in die vak­tyd­skrif Na­tu­re Com­mu­ni­ca­ti­ons ge­pu­bli­seer is.

Boe­re het dit wê­reld­wyd ver­koop. Een van die ei­ers het uit­ein­de­lik in 2001 by die Kin­der­mu­seum van In­di­a­na­po­lis in die VSA be­land.

Dié ei­er het ’n em­brio in ge­had – ’n baie skaars vonds.

Dr. Dar­la Ze­le­nit­sky, ’n pa­le­on­to­loog aan die U­ni­ver­si­teit van Cal­ga­ry, het kort daar­na met na­vor­sing op die ei­er be­gin.

Die em­brio was van die neus tot die punt van sy stert 38 cm lank en is “Ba­ba Lou­is” ge­doop.

Ba­ba Lou­is was te groot om by e­ni­ge an­der be­ken­de spe­sie te pas wat van 89 mil­joen tot 100 mil­joen jaar ge­le­de ge­leef het.

Toe, in 2007, is ’n fos­siel van ’n groot ge­veer­de di­no­sou­rus in C­hi­na ge­vind. Die been­struk­tuur was die­self­de as dié van Ba­ba Lou­is.

Ze­le­nit­sky sê dit was soos om die lo­te­ry te wen toe die em­brio ge­vind is.

Dié spe­sie, Bei­bei­long si­nen­sis, was die groot­ste di­no­sou­rus­se wat op ’n nes ge­sit het wat nóg ont­dek is.

Fo­to: ZHAO CHUANG

’n Voor­stel­ling van ’n groot ge­veer­de di­no­sou­rus op haar nes. Dié spe­sie,

Bei­bei­long si­nen­sis, kon ge­ï­den­ti­fi­seer word dank­sy ’n em­brio wat in sy ei­er ge­fos­si­leer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.