S­te­ve en Ja­ni­ne se ba­ba ‘die­pe den­ker’

Beeld - - Nuus - – Na­di­ne T­heron

Romy-Lee Hof­meyr is ’n woe­li­ge “duim­sui­er met fris hok­kie­be­ne”.

Sy’t haar ma se “soen­bek-lip­pe”, maar an­der­sins lyk sy na hom, sê die san­ger S­te­ve Hof­meyr (52).

Hy het gis­ter so­nar­fo­to’s van hom en sy vrou, Ja­ni­ne, se eer­ste­ling op Fa­ce­book ge­plaas.

Die Hof­meyrs hoop hul dog­ter­tjie sal op 1 Ju­lie ge­bo­re word.

“Ons hou Romy-Lee se fo­to’s en ge­boor­te pri­vaat,” skryf Hof­meyr op Fa­ce­book.

“Ek plaas hier­die tog, vir so­veel goeie wen­se van so­veel goeie men­se daar bui­te wat werk­lik om­gee en haar wil sien.”

Ja­ni­ne het die­self­de fo­to’s op Fa­ce­book ge­deel.

“Ons prin­ses­sie is ’n die­pe den­ker,

het ’n ‘vol’ ly­fie met die mooi­ste bol­wan­ge­tjies, lip­pies wat ons gaan op­soen en sexy been­tjies (vol­gens haar pap­pa),” het sy by die fo­to’s op Fa­ce­book ge­skryf.

S­te­ve en Ja­ni­ne is in 2014 ge­troud.

So­nar­fo­to’s van S­te­ve Hof­meyr en sy vrou, Ja­ni­ne, se eer­ste­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.