Braai­paar­tjies kry voort­aan nóg gro­ter be­lo­nings

Beeld - - Nuus -

Via (DStv-ka­naal 147) se werk­lik­heids­pro­gram Kom ons braai is op soek na deel­ne­mers vir nu­we e­pi­so­des.

Braai­paar­tjies kry voort­aan ook ’n gro­ter be­lo­ning.

Die eer­ste 50 paar­tjies wat van nou tot 9 Ju­nie vir Kom ons braai in­skryf, sal ná die ver­fil­ming van ’n e­pi­so­de R2 000 kon­tant en ’n C­hec­kers-koop­be­wys van R1 000 los­slaan.

In die pro­gram moet drie paar­tjies wat me­kaar nie ken nie oor drie dae oor en weer by me­kaar braai om te sien wie braai die bes­te. Die wen­paar­tjie slaan R13 000 se pry­se los.

Die pro­gram het met VIA se be­kend­stel­ling in No­vem­ber 2015 die lig ge­sien en is een van dié leef­styl­ka­naal se ge­wild­ste pro­gram­me on­der A­fri­kaan­se DStv-ky­kers.

Paar­tjies moet drie dae aan die ver­fil­ming van ’n e­pi­so­de kan af­staan.

In­skry­wings sluit op 9 Ju­nie 2017.

Stuur e-pos aan via@me­di­a­clu­b­pro­ducti­ons.co.za om in te skryf.

■ Nu­we e­pi­so­des van Kom ons braai word el­ke Vry­dag om 18:00 op Via uit­ge­saai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.