F­rik huis toe – en ‘wil nie meer in koe­ran­te boer’

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

Die rug­by­le­gen­de F­rik du P­reez is eer­gis­ter uit die hos­pi­taal ont­slaan na­dat hy ver­le­de Don­der­dag­aand ’n “mas­sie­we” hart­aan­val ge­had het.

“Ek is moer ge­luk­kig,” het hy ge­sê. “Die Lie­we Va­der het vir my nog ’n kans ge­gee. Ek wil nie meer pu­bli­si­teit hier­oor hê nie.”

Du P­reez sê hy meen daar is nou ge­noeg aan­dag op hom ge­ves­tig en hy “wil nie in die koe­ran­te boer nie”.

“Ek het ’n twee­de ge­leent­heid ge­kry en dis vir my goed ge­noeg.”

Du P­reez is in die waak­saal van die U­ni­tas-hos­pi­taal in Cen­tu­ri­on op­ge­neem na­dat hy by Le­ri­ba Lod­ge ’n hart­aan­val ge­kry het.

Dok­ters het in­tus­sen ’n stent in Du P­reez se hart­ka­mer in­ge­sit om ’n ver­nou­de aar oop te maak.

Hy moet oor ses we­ke na die hos­pi­taal te­rug­keer vir ’n op­volg­be­soek.

F­rik du P­reez

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.