Fran­zis­ka se ma het ‘nie erg­ste ver­wag’

Beeld - - Nuus - – News24

Toe Fran­zis­ka Blöchliger nie van haar draw­we­ry in die To­kai­bos in Kaap­stad te­rug­keer nie, het haar ma nooit ge­dink iets s­legs het met haar ge­beur nie.

Al moont­lik­heid waar­aan Shireen Blöchliger kon dink, was dat haar 16-ja­ri­ge dog­ter se sel­foon­bat­te­ry pap was, dat sy haar en­kel ver­stuit het of dat sy be­sluit het om te stap pleks van te draf.

“Die laas­te ding waar­aan ons ge­dink het, was dat ie­mand Fran­zis­ka aan­ge­val het. Dit is nie die eer­ste ding waar­aan ’n mens dink nie,” het Blöchliger gis­ter ge­tuig.

Ho­ward O­li­ver (28) ont­ken in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad skuld op aan­klag­te van moord en ver­krag­ting. Vol­gens hom het hy s­legs Fran­zis­ka van haar ring en sel­foon be­roof na­dat hy vroe­ër Man­drax ge­rook het.

Blöchliger het ook ge­tuig dat dit Fran­zis­ka se i­dee was om daar­die dag te gaan draf.

Hul­le het om­streeks 15:00 by die To­kai­bos op­ge­daag en oor­een­ge­kom om me­kaar weer om 15:30 by hul mo­tor te kry. Toe die Fran­zis­ka nie be­tyds by die mo­tor op­daag nie, het sy haar dog­ter pro­beer bel. Sy het eg­ter geen ant­woord ge­kry nie.

Sy het in­tus­sen haar jon­ger dog­ter gaan haal en te­rug­ge­keer na die bos. Sy het ook haar man ge­bel en hy het op­ge­daag om te kom help soek na Fran­zis­ka. “Ons het rond­ge­hard­loop en haar naam ge­skree,” het sy ge­tuig.

Haar man en jon­ger dog­ter het om die bos ge­ry en na Fran­zis­ka ge­soek. Hul­le het men­se ge­vra of hul­le haar ge­sien het, maar nie­mand het nie.

Hul­le het la­ter die po­li­sie ge­bel. “Aan­vank­lik het hul­le ge­sê daar is niks wat ons kan doen nie en dat ons haar iP­ho­ne moet na­spoor. Hul­le was nie van me­ning dat iets met haar ge­beur het nie.”

And­re­as, Fran­zis­ka se pa, het die po­li­sie vir ek­stra be­amp­tes ge­vra, as­ook dat ’n he­li­kop­ter oor die ter­rein moet vlieg. Kort daar­na is tal­le

buurt­wag­le­de in die soek­tog in­ge­span.

And­re­as Blöchliger het ’n spran­kie hoop ge­had toe hy Fran­zis­ka se foon ge­bel en hy kin­der­stem­me aan die an­der kant ge­hoor het. “Hul­le het ge­praat, maar nie met my nie. Ek het ge­sê: ‘Hal­lo, hal­lo, kan ek met jou ma of pa praat, waar is jy?’ En toe word die foon neer­ge­sit.”

Die ver­hoor duur voort.

Die laas­te ding waar­aan ons ge­dink het, was dat ie­mand Fran­zis­ka aan­ge­val het.

— SHIREEN BLÖCHLIGER

Fran­zis­ka Blöchliger se ou­ers, And­re­as en Shireen Blöchliger, ver­laat die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad gis­ter. Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.