Vee­arts sê waar­om hy ge­skiet het

‘Ek kan nie op­hou dink hoe sy ly nie’

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

“Dit was ’n ver­skrik­li­ke on­ge­luk en ek kan nie op­hou dink aan die pyn en ly­ding wat my vrou deur­maak as ge­volg daar­van en die ge­vaar waar­in sy ver­keer nie.”

So sê dr. Jes­se Co­le­man (69), ’n vee­arts wat sy vrou, Try­sie (58), Vry­dag in hul plaas­huis tus­sen Del­mas en Bronk­horst­spruit ge­skiet het, in ’n ver­kla­ring wat ’n ska­kel­a­gent­skap gis­ter na­mens hom uit­ge­reik het.

Co­le­man sê die a­larm het in die vroeë og­gend­u­re af­ge­gaan. Op die pa­neel is aan­ge­dui daar is ’n in­drin­ger na­by die slaap­ka­mer­deur.

“Try­sie en ek het ’n re­ë­ling dat ons nie die slaap­ka­mer in die nag sal ver­laat son­der om die an­der een wak­ker te maak nie. Toe ek uit ’n diep slaap wak­ker word, het ek nie vir ’n

oom­blik ge­dink my vrou het per on­ge­luk die a­larm laat af­gaan nie.”

Co­le­man sê hy het sy vuur­wa­pen ge­gryp en na die slaap­ka­mer­deur ge­gaan.

“Ek het ge­hui­wer ter­wyl ek ge­wag het dat ’n aan­val­ler deur die deur kom, maar niks het ge­beur nie. Ek het wel ge­weet daar moes ie­mand tus­sen die a­larm se pas­sie­we in­fra­rooi-ver­klik­ker en die slaap­ka­mer­deur wees.”

Hy het die vuur­wa­pen in sy reg­ter­hand ge­had en die deur met sy lin­ker­hand oop­ge­maak.

“Toe ek dít doen, het ’n fi­guur in die don­ker op my af­ge­pyl en ek het in­stink­tief ’n skoot af­ge­vuur om my en my vrou te be­skerm.”

Co­le­man sê Try­sie het ge­gil en op hom ge­val.

“Toe ek be­sef wat ge­beur het, het ek die vuur­wa­pen neer­ge­sit en haar ge­help om op die vloer te lê. Ek het ’n du­vet ge­gryp en dit oor haar ge­gooi ter­wyl ek haar vas­ge­hou en ver­troos het.”

Hy het sy dog­ter, Cathy, ’n pa­ra­me­di­kus, ge­bel. Weens swak sel­foon­ont­vangs kon hy nie da­de­lik met haar kon­tak maak nie, sê Co­le­man.

“Toe ek met die twee­de op­roep deur­kom, het sy en haar man Ne­t­ca­re 911 on­mid­del­lik ge­kon­tak en die ko­ör­di­na­te ge­stuur van die plaas, wat nie mak­lik is om te vind nie.”

Vol­gens hom is met Ne­t­ca­re 911 ge­re­ël om Try­sie per he­li­kop­ter hos­pi­taal toe te ver­voer weens die erns­ti­ge aard van haar be­se­ring en die lig­ging.

Hy sê hy weet dat sy vrou in die “bes­te moont­li­ke han­de is” en hy hoop en bid dat sy ten vol­le sal her­stel so­dat hul­le die “tra­gie­se on­ge­luk ag­ter hul­le kan sit”.

Oor ’n be­rig waar­vol­gens Try­sie se fa­mi­lie sê die eg­paar was on­ge­luk­kig ge­troud en sy wou van hom skei, sê Co­le­man: “Om on­waar­he­de te lees oor ons be­weer­de ver­hou­dings­pro­ble­me en an­der on­ak­ku­raat­he­de oor die on­ge­luk maak dit selfs moei­li­ker en ek weet dit sal Try­sie ook seer­maak as sy daar­van be­wus word.”

Dié fa­mi­lie het nie teen druk­tyd op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Dr. Jes­se Co­le­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.