Hen­ri baie na aan Mar­li, kyk op na Ru­di, hoor hof

Beeld - - Nuus -

Hen­ri van B­re­da was baie na aan Mar­li, sy sus­ter wat hy na be­we­ring pro­beer ver­moor het.

Hy het ook na sy broer “op­ge­kyk”, het Bi­an­ca van der West­hui­zen, ’n v­rien­din van Hen­ri, gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

Sy het hom die mid­dag van 26 Ja­nu­a­rie 2015, kort voor die moord op sy ou­ers en broer, nog ge­sien. La­ter die aand het hul­le vir me­kaar W­hat­sApp-bood­skap­pe ge­stuur, het Van der West­hui­zen ge­tuig. Vol­gens haar was daar niks vreemds nie.

Sy het be­ves­tig dat Hen­ri haar op 27 Ja­nu­a­rie twee keer pro­beer bel het, maar dat sy nie die op­roe­pe ge­ant­woord het nie, want haar foon was op “a­eropla­ne mo­de”.

Van B­re­da staan te­reg op aan­klag van moord op sy ou­ers, Mar­tin (54) en Te­re­sa (55), en sy broer, Ru­di (22), en op aan­klag van po­ging tot moord op Mar­li.

Hy be­weer ie­mand het by sy ou­er­huis in­ge­breek en sy ge­sin met ’n byl aan­ge­val.

Vir die eer­ste keer se­dert die moord­ver­hoor op 24 A­pril be­gin het, was die mees­te van die ooms en tan­nies aan die Van B­re­da-kant in die hof. An­dré du Toit, Te­re­sa se broer wat die saak nog el­ke dag by­ge­woon het, het ’n bie­tjie een­kant ge­sit.

Een van die ooms, An­dré van B­re­da, het ook gis­ter ge­tuig.

Hy het sy en sy twee­ling­broer, Bai­ley, se noue ban­de met Mar­tin en hul ge­luk­ki­ge groot­word­ja­re be­skryf, as­ook Hen­ri en sy ge­sin se e­mi­gra­sie na Aus­tra­lië.

Die ge­sin het ein­de 2013 na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­keer.

Hy het ge­tuig dat sy broer se sa­ke­on­der­ne­ming “baie sterk” was en dat hy geen “ge­hei­me en vy­an­de” ge­had het nie.

Ná die moor­de is fa­mi­lie­le­de na die De Zal­ze-gholf­land­goed om ’n paar van Mar­li se be­sit­tings te gaan haal, het An­dré (Van B­re­da) ge­tuig. Hen­ri was saam, maar het in die mo­tor ge­wag.

Vol­gens Hen­ri se reg­span het hy per foon vir sy neef, Ru­di du Toit, ge­sê wat­ter be­sit­tings hy vir hom moes neem. On­der die ar­ti­kels was ’n baie duur bot­tel Ja­pan­se whis­key wat Hen­ri vir sy pa ge­koop het toe hul­le in Aus­tra­lië ge­woon het. Dit het glo vir Hen­ri sen­ti­men­te­le waar­de ge­had.

Vol­gens P­re­ci­ous Munyon­ga­ni, des­tyds die Van B­re­da-ge­sin se huis­wer­ker, het sy ook nie op 26 Ja­nu­a­rie 2015 iets vreemds op­ge­merk nie. Sy het gis­ter ge­tuig die byl wat as be­wys­stuk by die hof in­ge­dien is, lyk soos die een wat in die kom­buis, ag­ter die stryk­plank, op ’n rak ge­bê­re was. Sy kon nie be­ves­tig of dit wel die moord­wa­pen was nie. Munyon­ga­ni het ook be­ves­tig die mes lyk soos een wat in die laai in die kom­buis ge­hou is.

Die ver­hoor gaan van­dag voort.

Fo­to’s: JA­NA B­REY­TEN­BACH

Die mes wat na be­we­ring ge­bruik is om Hen­ri van B­re­da mee te steek.

Die byl wat ge­bruik is om Mar­tin, Te­re­sa en Ru­di van B­re­da te ver­moor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.