‘S­koen­spo­re op skiet­to­neel dui op man se be­trok­ken­heid’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die spo­re wat op die to­neel ge­vind is waar O­det­te Bark­hui­zen voor haar werk­plek dood­ge­skiet is, dui op die be­trok­ken­heid van haar man, Ge­or­ge, is gis­ter ge­tuig.

O­det­te (42) is op 11 Ju­nie 2015 in Oak­de­ne, Jo­han­nes­burg, in die bors en kop ge­skiet.

Die voor­val het ge­lyk na ’n mo­tor­ka­ping.

Haar man, wat maan­de lank ge­sweer het “ons sal die blik­sems vang”, is op 8 Sep­tem­ber 2015 in heg­te­nis ge­neem.

Hy staan in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg te­reg op aan­klag­te van moord, be­drog, die be­sit van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen en die on­wet­ti­ge be­sit van am­mu­ni­sie.

Konst. Na­o­mi Wei­de­man, wat die moord des­tyds on­der­soek het, het gis­ter ge­tuig Ge­or­ge (42) se skoe­ne is net so groot soos die s­koen­spo­re wat op die to­neel ge­vind is.

“Wie het uit­ge­wys dat dit die be­skul­dig­de se skoe­ne is?” het adv. Rie­gal du Toit, vir die staat, ge­vra.

“Wa­de Bark­hui­zen (sy seun),” het Wei­de­man ge­ant­woord.

Wei­de­man het ge­sê ’n stro­kie wat in die Bark­hui­zen-huis ge­kry is, wys ie­mand het skoe­ne van die spe­si­fie­ke groot­te ge­koop. Sy het fo­to’s van Ge­or­ge se skoe­ne ge­neem.

Vol­gens die ak­te van be­skul­di­ging was die Bark­hui­zen-eg­paar ver­vreem.

“Hul­le het eg­ter steeds saam­ge­woon en O­det­te het die be­skul­dig­de in­ge­lig dat sy wil skei.”

Die staat voer aan Bark­hui­zen het in A­pril 2015, net t­wee maan­de voor O­det­te se dood, drie le­wens­ver­se­ke­rings­po­lis se van R7,5 mil­joen in haar naam uit­ge­neem.

Lui­dens die ak­te is Bark­hui­zen die e­nig­ste be­guns­tig­de van die po­lis­se. O­det­te het niks van die po­lis­se of wy­si­gings daar­aan ge­weet nie. “Die be­skul­dig­de het die ver­se­ke­rings­maat­skap­pye dus be­drieg.”

Die staat voer ook aan die hand­te­ke­ning op die tes­ta­ment wat by die hoog­ge­regs­hof in­ge­dien is, is nie O­det­te s’n nie.

Adv. Si­ta Kol­be SC, Bark­hui­zen se regs­ver­teen­woor­di­ger, het ge­sê Wei­de­man se on­der­soek is in ve­le op­sig­te ge­brek­kig. Die kon­sta­bel het nie re­kord ge­hou van se­ke­re on­der­hou­de met Bark­hui­zen en ’n an­der staats­ge­tuie nie en het se­ke­re in­lig­ting nie op­ge­volg nie.

Wei­de­man het Bark­hui­zen se borg­to­gaan­soek ook des­tyds teen­ge­staan om­dat sy sel­foon­in­lig­ting nie met sy ver­kla­ring oor­een­stem nie, maar sy het gis­ter er­ken sy het nie die no­di­ge ken­nis ge­had om die sel­foon­in­lig­ting te ont­leed nie.

Kol­be het aan­ge­voer dié ge­bre­ke in die on­der­soek kan toe­ge­skryf word aan die feit dat Wei­de­man die be­skul­dig­de van die be­gin af as ’n ver­dag­te beskou het.

“Dit is nie waar nie,” het Wei­de­man ge­sê.

Die ver­hoor duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.