At­leet en boer skik ná skoot ver­lam

Beeld - - Nuus -

’n Boer van Mpumalanga wat ’n ma­ra­thon­at­leet ein­de 2001 in die nek ge­skiet het, het ’n ver­trou­li­ke skik­kings­oor­een­koms met dié ver­lam­de man aan­ge­gaan.

Zep­ha­nia Bu­ti Mo­koe­na (41) is ’n pa­ra­pleeg. Lui­dens ’n dok­ters­ver­slag het die koe­ël sy rug­murg be­ska­dig. Hy het geen ge­voel of funk­si­o­na­li­teit van die be­se­ring af on­der­toe nie.

Mo­koe­na het ska­de­ver­goe­ding van meer as R7,5 mil­joen van Ga­wie Vol­schenk ge­ëis. Die skik­king is in A­pril be­reik en nou ’n be­vel van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­maak.

Mo­koe­na het vir Vol­schenk op die plaas Mor­gen­ster na­by Hen­dri­na en B­rey­ten in die Er­me­loom­ge­wing ge­werk.

Hy be­weer Vol­schenk het hom ge­skiet toe hy tus­sen­bei­de wou tree toe dié sy ou­ers op Kers­aand met ’n hok­kie­stok ge­slaan het.

Vol­schenk voer aan Mo­koe­na was een van so­wat tien men­se wat hom aan­ge­val het.

Hy er­ken hy het Mo­koe­na ge­wond, maar be­weer dit was uit self­ver­de­di­ging. Hy sê hy het eers ’n waar­sku­wing­skoot in die grond ge­skiet en toe in Mo­koe­na se rig­ting toe die aan­val nie op­hou nie. Hy het ge­skiet om sy le­we en dié van sy seun (toe 14) en broer te be­skerm.

Mo­koe­na was des­tyds lid van die Er­me­lo-ma­ra­thon­klub en ’n myn het hom ge­borg.

Hy woon in ’n ver­sor­gings­te­huis in Bad­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.