Por­no: Reg­span sal vra om ont­slag

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Regs­ver­teen­woor­di­gers van ses fa­mi­lie­le­de wat na be­we­ring by ’n kin­der­por­no­gra­fie­sin­di­kaat be­trok­ke was, wil aan­soek om ont­slag doen so­dra die staat sy saak af­sluit.

Die ver­de­di­ging sal aan­voer die staat het sy saak teen die be­skul­dig­des nie bo re­de­li­ke twy­fel be­wys nie.

Adv. Cor­ne­lia Har­m­zen, staats­aan­kla­er, het gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord ge­vra dat die ver­rig­tin­ge uit­ge­stel word so­dat aan­kla­ers weer deur die “mag­dom” ge­tui­e­nis kan gaan voor­dat die staat be­sluit of hy sy saak af­sluit.

Ne­ge le­de van die­self­de fa­mi­lie is in De­sem­ber 2010 in heg­te­nis ge­neem. Die ver­ho­re van drie van die fa­mi­lie­le­de is la­ter ge­skei van dié van die ou­pa, ou­ma, hul kin­ders en skoon­kin­ders. Dié ses be­skul­dig­des ont­ken skuld op 50 aan­klag­te. Lui­dens die klag­staat het hul­le hul eie kin­ders en/of an­der fa­mi­lie­le­de on­der meer on­se­de­lik aan­ge­rand, ver­krag en mis­han­del.

Die ou­ers en half­broer van ’n slag­of­fer is af­son­der­lik ver­hoor.

Die ou­ers is vry­ge­spreek en die half­broer is aan on­se­de­li­ke aan­ran­ding en ver­krag­ting skul­dig be­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.