Po­li­sie­kan­toor af­ge­brand

S­ka­res ruk op et­li­ke plek­ke in land op

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens, E­li­se Tem­pel­hoff, Fe­lix Dlan­ga­mand­la en Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n Po­li­sie­kan­toor na­by T­ho­hoy­an­dou is eer­gis­ter­aand af­ge­brand in een van ver­skeie gewelddadige betogings oor diens­le­we­ring oor die land heen.

B­rig. Mot­la­fe­la Mo­ja­pe­lo, po­li­sie­woord­voer­der in Limpopo, sê die V­hu­lau­d­zi-po­li­sie­kan­toor is heel­te­mal ver­woes. T­wee po­li­sie­bak­kies het ook uit­ge­brand.

So­wat 700 men­se van die P­had­zi­ma-ne­der­set­ting het by­me­kaar­ge­kom. Hul­le sê die po­li­sie doen nie ge­noeg om Ma­vis Ma­bu­la (25), wat on­langs as ver­mis aan­ge­meld is, op te spoor nie.

Hul­le het na die po­li­sie­kan­toor op­ge­ruk en die pad daar­heen met bran­den­de bui­te­ban­de en klip­pe ver­sper.

Po­li­sie­le­de het met rub­ber­koe­ëls op hul­le ge­skiet.

Mo­ja­pe­lo sê le­de van die een­heid teen o­pen­ba­re ge­weld is ook na die ge­bied ge­stuur, maar selfs dié ver­ster­kings kon die woe­den­de mas­sa nie keer nie.

Mo­ja­pe­lo sê ses men­se is in ver­band met die op­roer in heg­te­nis ge­neem. ’n 21-ja­ri­ge man is in die heup ge­skiet toe die po­li­sie die ska­re pro­beer weg­hou het.

Die po­li­sie het ook gis­ter hul han­de vol ge­had in Lau­di­um, El­do­ra­do Park, En­ner­da­le, Fi­ne­town en K­lip­town in Gau­teng, as­ook in de­le van die Oos-Kaap en in Gu­gu­le­tu, Kaap­stad.

Vuyo M­ha­ga, woord­voer­der van Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, sê be­ne­wens moont­li­ke on­te­vre­dend­heid oor diens­le­we­ring, is daar ook ’n sterk e­le­ment van mis­da­dig­heid teen­woor­dig. “Die mi­nis­ter meen ook dwelm­han­de­laars speel ’n groot rol in die voort­sle­pen­de betogings.”

M­ha­ga sê ver­skeie ge­steel­de goe­de­re, waar­on­der ’n vurk­hy­ser, is by van die be­to­gers in Fi­ne­town ge­kon­fis­keer.

Ge­meen­skaps­lei­ers sê hul­le is keel­vol vir val­se be­lof­tes oor grond. Hul­le eis ’n on­mid­del­li­ke op­los­sing.

Van die be­to­gers het vuur­wa­pens by hul­le ge­had, ter­wyl an­der met klip­pe, by­le en knop­kie­ries ge­wa­pen is.

Die po­li­sie het rub­ber­koe­ëls ge­bruik om die woe­den­de ska­re uit­een te jaag. Die be­to­gers het klip­pe en bot­tels na die po­li­sie se N­ja­las ge­gooi.

’n Ver­teen­woor­di­ger van die pre­mier se kan­toor het aan ge­meen­skaps­lei­ers ge­sê daar is ’n wag­lys van ja­re vir be­hui­sing. Die pro­vin­si­a­le re­ge­ring re­ken daar is ’n ag­ter­stand van 300 000 hui­se in Gau­teng.

In Lau­di­um, wes van P­re­to­ria, het hon­der­de li­ters wa­ter gis­ter in die stra­te af­ge­loop na­dat in­wo­ners van die in­for­me­le woon­buurt I­ter­e­leng wa­ter­me­ters ge­breek het. Hul­le het win­kels en an­der ge­boue in Lau­di­um ge­plun­der. “Die ska­de wat hul­le aan­ge­rig het, is aan­sien­lik,” sê Yu­suf A­bram­jee, ge­meen­skaps­lei­er en ak­ti­vis.

Doel­pa­le wat glo by ’n plaas­li­ke skool ge­steel is, is ge­bruik om paaie te ver­sper. Be­to­gers het feit­lik al die vul­lis­drom­me in Lau­di­um om­ge­gooi en die pad vir die po­li­sie daar­mee pro­beer ver­sper.

Ma­ho­med Es­sop, ANC-raads­lid, het met die ge­meen­skap ver­ga­der en be­lo­we ’n op­volg­ver­ga­de­ring sal van­og­gend ge­hou word om die pad vo­ren­toe te be­paal.

Die be­to­gers het om­streeks 13:00 vreed­saam uit­een­ge­gaan en ge­sê hul­le gaan rus, maar sal la­ter met hul pro­tes­ak­sie voort­gaan.

Woe­den­de in­wo­ners van Fi­ne­town, in die sui­de van Jo­han­nes­burg, be­toog gis­ter oor grond.

Fo­to: FE­LIX DLAN­GA­MAND­LA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.