Jag­ter by Mu­ga­be se huis ge­keer

Be­ken skuld, sê sy kind was siek

Beeld - - Wêreld­beeld - Han­ti Ot­to Ad­di­si­o­ne­le bron­ne: news­day. co.zw en The He­rald.

Dit was so hit­te­te of pres. Ro­bert Mu­ga­be het Son­dag­og­gend ’n mid­der­nag­te­li­ke be­soe­ker by sy amps­wo­ning in Ha­ra­re ge­had toe ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter deur ver­sper­rings by S­ta­te Hou­se ge­ry het.

Wat die si­tu­a­sie in daar­die sta­di­um nog meer dra­ma­ties ge­maak het, is dat A­dri­aan P­hi­lip O­li­vier (30) ne­ge pa­tro­ne by hom ge­had het.

Die na­draai van die voor­val is dat O­li­vier in die land­dros­hof in Ha­ra­re skuld op ’n aan­klag van be­tre­ding be­ken het en Dins­dag ’n boe­te van $150 (net meer as R2 000) of t­wee maan­de tronk­straf op­ge­lê is.

O­li­vier is vol­gens sy werk­ge­wer ’n Zim­bab­wie­se bur­ger en nié ’n Suid-A­fri­ka­ner, soos wat die Zim­bab­wie­se nuus­me­dia be­rig het, nie. Hy is ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter by die Sa­vé Val­ley Con­ser­van­cy in die suid­oos­te van Zim­bab­we.

Zim­bab­wie­se koe­ran­te be­rig O­li­vier is Son­dag om­streeks 03:00 deur vei­lig­heids­per­so­neel in heg­te­nis ge­neem.

Fran­cis­ca Mu­kum­bi­ri, staats­aan­kla­er, het in die hof ge­sê O­li­vier het met ’n Toyo­ta Land Crui­ser in die woon­buurt Bor­ro­w­da­le Brooke na die mid­de­stad ge­ry toe hy op ’n ge­slo­te pad na S­ta­te Hou­se be­land het.

Dié pad, Bor­ro­w­da­le­weg, word van 18:00 tot 06:00 vir ge­wo­ne ver­keer ge­sluit. Die aan­kla­er het aan­ge­voer daar is ver­keers­te­kens wat mo­to­ris­te in­lig.

O­li­vier het tot by’ n mi­nis­te­ri­ë­le ge­bou ge­ry ,’ n po­li­sie waar­sku­wings­te­ken ge­ïg­no­reer en eers stil­ge­hou toe sy voer­tuig se wie­le 20 m ver­der pap ge­word het.

O­li­vier het in die hof skuld be­ken en sê hy het ver­dwaal. Hy was op pad na die hos­pi­taal waar sy seun­tjie op­ge­neem is en ken nie die om­ge­wing en die re­ëls en re­gu­la­sies daar nie.

Ma­gi­straat La­zi­ni N­cu­be het in ag ge­neem dat O­li­vier ’n eer­ste oor­tre­der is en skuld be­ken het.

N­cu­be het wel ge­sê dat O­li­vier se kind siek was en hy nie die om­ge­wing ken nie, is nie ’n ver­sko­ning om ver­keers- en po­li­sie­te­kens te ig­no­reer nie.

O­li­vier se werk­ge­wer, wat nie ge­ï­den­ti­fi­seer wil word nie, het gis­ter ge­sê O­li­vier het die boe­te be­taal en is tuis by sy ge­sin.

“Daar is niks si­nis­ters aan die voor­val nie. Ons het kort ná die voor­val met hom ge­praat en hy het rui­ter­lik er­ken hy het ’n fout ge­maak.

“Die po­li­sie het hom goed be­han­del. As pro­fes­si­o­ne­le jag­ter het hy ’n li­sen­sie om pa­tro­ne by hom te hê.

“Dit is hoe­kom hy nie daar­voor aan­ge­kla is nie, maar net weens be­tre­ding na­dat hy deur die pad­ver­sper­rings ge­ry het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.