2 921 vel­le van don­kies ge­kry wat na C­hi­na op pad was

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) het gis­ter be­slag ge­lê op 2 921 don­kie­vel­le wat ver­moe­de­lik na C­hi­na uit­ge­voer sou word.

Lu­vu­yo M­fa­ku, NVG-woord­voer­der, sê die vel­le het ’n straat­waar­de van R4 381 500.

Hy sê die NVG en die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid werk nou saam om die wre­de slag­ting van don­kies stop­ge­sit te kry.

Hy sê kapt. Oc­kert van der Walt van die vee­dief­stal­een­heid in Cul­li­nan het’ n wenk oor don­kie­vel­le op ’n hoe­we in Be­no­ni ont­vang. Ter­wyl Van der Walt op die hoe­we was, het ’n vrag­mo­tor op­ge­daag om die vel­le op te laai en via Jo­han­nes­burg na die Dur­ban­se ha­we te neem. Hy het die o­pe­ra­sie stop­ge­sit, ’n las­brief be­kom om die hoe­we te deur­soek en op die 2 921 vel­le af­ge­kom.

Uit die on­der­soek blyk dit die maat­skap­py A­na­tic Tra­ding is vir die ver­voer en die uit­voer van die vel­le ver­ant­woor­de­lik.

M­fa­ku sê die ei­e­naars of be­stuur­ders van die maat­skap­py het na be­we­ring ver­vals­te kwi­tan­sies vir die be­sit van 133 don­kie­vel­le aan Van der Walt ge­toon. Dit wil voor­kom of die die­re ge­steel of on­wet­tig be­kom is. “Dit kom neer op vee­dief­stal.”

Van der Walt het ver­kla­rings by t­wee ge­re­gis­treer­de a­bat­toirs vir per­de, Mid­del­vlei en Vaal­bank, af­ge­neem. Al­bei ont­ken dat hul­le die don­kie­vel­le ge­han­teer het.

Die po­li­sie het ver­neem dat C­hi­ne­se bur­ger skort ná die deur­soek i ng s be­ve­le by al­bei a­bat­toirs op­ge­daag het en die be­stuur pro­beer oor­reed het om vir hul­le ver­vals­te kwi­tan­sies uit te maak. “Dit is dus dui­de­lik dat die 2 921 don­kies on­wet­tig ge­slag is.”

V an­der W alt het ook ver­voer kwi­tan­sies ge­vind en dit blyk dat A­na­tic ver­le­de jaar van Ju­lie tot De­sem­ber 12 776 don­kie­vel­le na Hong­kong laat uit­voer het.

Dit bring die ge­tal vel­le wat se­dert Ju­lie ver­le­de jaar in die be­sit van A­na­tic Tra­ding was op 15 697 te staan.

Hoe­wel nie­mand tot dus­ver in heg­te­nis ge­neem is nie, gaan die straf­reg­te­li­ke on­der­soek voort, sê M­fa­ku.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.