Man kry 18 j. weens moord op sko­lier in po­li­sie­sel­le

Beeld - - Nuus -

Die man wat sy me­de­aan­ge­hou­de­ne, ’n 18-ja­ri­ge seun, in die po­li­sie­sel­le in Beau­fort-Wes ure lank ge­mar­tel het tot­dat hy dood is, is gis­ter tot 18 jaar tronk­straf ge­von­nis.

Zu­ko M­gug­qut­hu (30) het Maan­dag in die rond­gaan­de hof in Beau­fort-Wes skuld be­ken.

Reg­ter John Hlop­he het die moord­to­neel en fo­to’s van die oor­le­de­ne be­skryf as van die gru­saam­ste wat hy tot nog toe in sy loop­baan as reg­ter ge­sien het.

Ger­do Ka­rel­se, ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Beau­fort-Wes, is op Son­dag 26 Ju­nie 2016 saam met M­gug­qut­hu op­ge­sluit weens ’n klag van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer en kwaad­wil­li­ge saak­be­ska­di­ging.

M­gug­qut­hu is op­ge­sluit weens ge­sins­ge­weld na­dat sy ma, Non­to­zi­no­ni G­weg­we, die Vry­dag ’n klag teen hom by die po­li­sie in­ge­dien het.

Ger­do het by sy dood so­wat 60 kg ge­weeg.

M­gug­qut­hu weeg so­wat 90 kg en is by­na 2 m lank.

Hlop­he het Dins­dag ge­sê die skraal Ger­do het nie ’n kans teen ’n ste­wi­ge man soos M­gug­qut­hu ge­had nie.

M­gug­qut­hu het die skool­seun ver­moe­de­lik van 19:00 daar­die Son­dag aan­ge­rand en ge­mar­tel.

Ger­do se kaal, ver­mink­te lyk is die vol­gen­de dag net ná 06:00 aan­ge­tref.

Po­li­sie­le­de wat die Son­dag­aand aan diens was, het toe be­weer hul­le het nie die jong man se hulp­kre­te ge­hoor nie.

Hlop­he, reg­ter-pre­si­dent van die WesKaap, het adv. P­hen­di­le Si­ty­a­ta, staats­aan­kla­er, op­drag ge­gee om ’n ver­slag by die po­li­sie aan te vra. Hy wil vol­le­di­ge in­lig­ting hê oor wie die aand aan diens was en of tug­stap­pe teen hul­le ge­doen is.

Ger­do Ka­rel­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.