S­choe­man se dood sim­bo­lies

Beeld - - Kommentaar - A­li­da Kok

Van­dag hou die de­par­te­men­te van A­fri­kaans en Ne­der­lands, van Duits, Frans en van fi­lo­so­fie aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) ’n o­pen­ba­re na­be­trag­ting van die le­we en werk van die skry­wer Ka­rel S­choe­man, wat op 1 Mei oor­le­de is na­dat hy in die ou­der­dom van 77 jaar sy le­we be­ëin­dig het. Hy het die re­des vir dié be­sluit dui­de­lik ge­maak in ’n ver­kla­ring wat aan sy pro­ku­reur ge­stuur is.

Tal­le hul­de­bly­ke aan S­choe­man is al ge­pu­bli­seer en nóg ’n me­ning­stuk hier­oor kan dalk as mos­terd ná die maal beskou word, maar tog dink ek dat dit no­dig is om weer ’n ver­band te tref tus­sen S­choe­man se be­sluit om sy le­we te be­ëin­dig en self­be­skik­king, spe­si­fiek die self­be­skik­king van A­fri­kaans­ta­li­ges en ook wit A­fri­kaans­ta­li­ges in SuidA­fri­ka.

My me­de ru­briek­skry­wer Wil­lie S­pies het ook ver­le­de week na S­choe­man se dood ver­wys in die kon­teks van self­be­skik­king. Ek wil wel poog om die moont­li­ke me­ta­fi­sie­se aard van dié ver­bin­te­nis aan te raak. Dit is dan ook my by­drae tot die ge­sprek wat van­dag by die UV plaas­vind.

’n Skry­wer van A­fri­kaans sterf en skie­lik ver­an­der die nu­an­ses in die hoof­stroom­de­bat oor self­be­skik­king en die be­staan van A­fri­kaans­ta­li­ges en wit A­fri­kaans­ta­li­ges in ’n Suid-A­fri­kaan­se tuis­land. Wat is dit dan van S­choe­man wat so be­lang­rik is vir hier­die te­mas?

T­wee pun­te kan ge­maak word, is: S­choe­man se ge­bruik van taal in sy pro­sa om die on­sê­ba­re van ’n be­staan in Suid-A­fri­ka vas te vang, en dié skry­wer van A­fri­kaans se uit­ein­de­li­ke te­rug­neem van sy ak­sie en self­be­skik­king in ’n tyd waar­in A­fri­kaans­ta­li­ges mag­te­loos en am­per ak­sie­loos moet toe­kyk hoe hul be­staans­reg be­dreig en ver­min­der word in vy­an­di­ge maat­skap­li­ke en po­li­tie­ke land­skap­pe.

Goeie pro­sa en po­ë­sie slaag daar­in om dit wat nie ge­sê kan word nie vas te vang. Dit is waar­om ’n mens ’n stuk pro­sa of ’n ge­dig kan lees of op­sê as­of dit jou eie ge­bed is. Die woor­de in hier­die skryf­stuk­ke is op so ’n wy­se by me­kaar ge­plaas dat dit ’n es­sen­sie van ’n be­staan uit­druk wat moei­lik op ’n an­der wy­se om­skryf kan word.

S­choe­man se ro­mans dra ’n es­sen­sie oor van ’n A­fri­kaans­ta­li­ge se be­staan in Suid-A­fri­ka. Hier­die uit­druk­king is ve­ral be­lang­rik in ons hui­di­ge kon­teks, waar­in A­fri­kaans­ta­li­ges se be­staans­reg in die land kri­ties be­spreek, be­twy­fel en soms in twy­fel ge­trek word.

A­fri­kaans­ta­li­ges – net soos an­der Suid-A­fri­ka­ners – smag na er­ken­ning, en daar­die er­ken­ning be­staan in S­choe­man se pro­sa.

Ter­self­der­tyd word die spa­sie waar­in ve­ral wit A­fri­kaans­ta­li­ges hul moe­der­taal kan praat son­der dat dit lei tot vy­an­di­ge re­ak­sies al hoe klei­ner. Hier­die groep men­se se ver­moë om oor te gaan tot ak­sie of om self­be­skik­king uit te oe­fen, word so­doen­de aan­ge­tas. Hoe sim­bo­lies is dit dan nie dat dié skry­wer van A­fri­kaans (met die be­per­kings op ge­na­de­dood) op ’n re­de­lik ge­vor­der­de ou­der­dom sy le­we be­ëin­dig nie? Só ’n stap – met in­sig ge­doen – is die mees ek­stre­me te­rug­neem van per­soon­li­ke ak­sie en self­be­skik­king.

In ’n mo­der­ne wê­reld is die sê of skryf van woor­de die al­ge­meen­ste vorm van ak­sie. Die mees­te van ons neem nie ge­reeld deel aan sta­kings nie, brand nie plaas­hui­se af nie en plun­der nie win­kels (as ’n so­ge­naam­de po­li­tie­ke uit­druk­king) nie. Ons praat meest­al.

Of ons skryf in die me­dia of op so­si­a­le me­dia. S­choe­man se na­la­ten­skap lê nie net in sy let­ter­kun­di­ge wer­ke en in die ak­sie wat in sy ge­skre­we woor­de op­ge­sluit is nie, maar ook in die sim­bo­liek van sy dood en die be­lang daar­van in ons ver­staan en uit­oe­fe­ning van ak­sie en self­be­skik­king.

■ A­li­da Kok is ’n do­sent in po­li­tie­ke we­ten­skap aan U­ni­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.