Al­mal moet bou aan Suid­A­fri­ka

Beeld - - Kommentaar -

Ds. Wim­pie Was­ser­man, Kru­gers­dorp

Wat hier volg, is die in­houd van ’n brief aan die in­wo­ners van ’n land wat ver­deeld, on­ge­lyk, ter­neer­ge­druk en vir som­mi­ge son­der hoop voel.

Jul­le kla, want jul­le voel nie meer wel­kom nie. Jul­le het be­gin leef as­of jul­le nie hier hoort nie. Jul­le er­vaar skuld, woe­de, frus­tra­sie en ho­pe­loos­heid.

Hou op. Die tyd het ge­kom dat jul­le bou in hier­die land. Rig daar­om hui­se op, hui­se wat ge­bou is nie met ver­gank­li­ke klip en steen of sink en hout nie, maar met on­ver­gank­li­ke ste­ne naam­lik: Lief­de vir jou me­de­mens. Be­toon ge­na­de vir jou me­de­bur­gers soos God dit vir jul­le ge­leer en ge­de­mon­streer het, aan die kruis van sy seun, Je­sus Chris­tus.

Wees ge­dul­dig vir dié wat as ge­volg van hul kul­tuur an­ders werk, an­ders op­tree en an­ders leef, en jou deur hul op­tre­de en mens­heid frus­treer.

Leer me­kaar hoe ver­soe­ning lyk. Bou in jou tyd hier aan ’n na­la­ten­skap, nie net vir jou eie kin­ders nie, maar ook vir an­der men­se se kin­ders. Bou ’n na­la­ten­skap wat kul­tuur, ge­loof en tra­di­sie kan oor­brug. Bou aan ’n na­la­ten­skap wat gro­ter is as jy.

Rig bly­wen­de mo­nu­men­te op. Bou aan ’n land waar­in jou kin­ders en jou kin­ders se kin­ders sal kan voort­leef om­dat jy hul­le ge­leer het hoe om te leef tus­sen an­der.

Bou so aan Suid-A­fri­ka dat jou kin­ders ak­tie­we a­gen­te gaan wees wat die toe­koms van hier­die land po­si­tief be­ïn­vloed. Moe­nie hul­le groot­maak as pas­sie­we slag­of­fers van die ver­le­de en ook die toe­koms nie.

Pleks daar­van om te ver­kon­dig: “Hier is nie meer ’n toe­koms vir ons kin­ders nie”, moet jy be­gin om ’n toe­koms vir hul­le te skep.

Jy is hier om te bly. Jy woon in Suid-A­fri­ka. Nou is dit tyd dat Suid-A­fri­ka in jou woon.

As jul­le bid vir Chris­te­li­ke lei­ers en ’n Chris­te­li­ke re­ge­ring, maar jul­le is self nie in jul hui­se, sko­le en wer­ke Chris­te­li­ke lei­ers nie, moet dan nie daar­voor bid nie. Chris­te­li­ke lei­er­skap be­gin by jou: Wees jy die ant­woord op jou eie ge­bed.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.