Soms ver­staan ek ons gei­te nie so lek­ker nie

Beeld - - Kommentaar -

Die le­we is te kort vir vals wim­pers. Dít is die be­sluit na­dat ek in ’n tyd­skrif die el­le­lan­ge lys moets en moe­nies van die aan­wen­ding, ver­sor­ging en in­stand­hou­ding van dié mo­de­gier on­der oë ge­had het. Ag nee, jim­mel!

Soms ver­staan ek my eie ge­slag se gei­te nie so lek­ker nie. Wie wil in ie­der ge­val lyk as­of jy in du­ren­de stom­me ver­ba­sing en met wyd­ge­sper­de oë die le­we te­ge­moet­gaan? Daar­by skrik­gril ek el­ke keer ’n bie­tjie wan­neer ek ’n vrou met dié goed sien. Weet sy of weet sy nie daar is ’n va­der­tjie-lang­been/re­ën­spin­ne­kop/mi­ni­ta­ran­tu­la (dit kom mos in ver­skil­len­de leng­tes en dik­tes) op haar ge­sig?

Net so snap ek nie lek­ker die na­el­ju­weel­mo­de nie – of wat dit ook al ge­noem word – met die mi­nus­ku­le blink plak­ker­tjies en pa­troon­tjies wat som­mi­ge vroue op hul lang (vals) na­els laat aan­bring.

Staan ek nou die dag in to­ta­le ver­won­de­ring en kyk hoe flits die R800-in-een-in­ko­pie­sak-krui­de­niers­wa­re deur ’n kas­sie­re se kar­na­val­na­els: el­ke na­el met

’n an­der pa­troon en kleur. La­ter moes ek weg­kyk, soos wan­neer ’n mens voel jy gaan ’n klein toe­val kry weens die aan­slag van flit­sen­de lig­te. Dit was te veel vir my bro­se ge­stel.

Mis­kien is dit pu­re ja­loe­sie. Want my wim­pers is aan die kort kant. Boon­op word dit van die pun­te af grys, so­dat dit lyk as­of ’n haar­skeer­der­spin­ne­kop daar­in ge­wei het. My na­els is nooit lank ge­noeg so­dat dit klik­ke­tie-klak-kliks op ’n toets­bord kan rit­me hou nie.

My nerf is dalk ek­stra dun, want uit­stel om nu­we skoe­ne vir die win­ter te koop kan ek nie lan­ger nie. Kyk, heim­lik wil ek ook ra­send op­ge­won­de oor skoe­ne raak, soos tal­le an­der vroue (my een dog­ter in­ge­sluit). Tog kry ek geen en­toe­si­as­me daar­voor op­ge­klits nie.

Ek be­vat en be­voel en be­kyk en pas aan, maar he­laas, as ek my weer kry, staan ek in die naas­te bui­te­le­we­win­kel voor die stap­skoe­ne.

“Ag nee, nie al weer nie,” sê die kind op sleep­tou en sug. “Ek wil kan vas­trap, nie wan­kel nie,” brom ek. “Veg of vlug dus. Was dit F­reud of Jung . . .”

My gluur snoer haar mond, maar sy kry vin­nig ’n laas­te woord of t­wee in: “Veg dus.”

Dis nie dat ek dit teen vrou­lik­heid het nie, wel teen ’n se­ke­re voor­op­stel­ling daar­van.

Kui­er ’n klom­pie van ons vrien­de ’n maand of ses ge­le­de saam. Dae la­ter ge­sels ek en een van die vrien­de oor die sa­me­syn en merk hy ter­loops op dat v­rien­din X se ha­re ’n bie­tjie slor­dig lyk met die grys daar­tus­sen.

Ek be­trag die baie ga­we, on­chau­vi­nis­tie­se, sag­har­ti­ge vriend met die grys ha­re wat teen sy sla­pe uit­slaan. Be­duie daar­na. Maar dis an­ders, ver­dui­de­lik hy. “’n Vrou moet . . .”

Hy het nooit sy sin klaar­ge­maak nie. Net na die lug ge­hap soos wan­neer ’n mens on­ver­wags in die veld in ’n spin­ne­web vas­loop, en die mu­siek har­der ge­draai om die pre­da­to­rie­se tik-tik­tik van my stap­skoen­so­le te ver­doof.

Dis nie dat ek dit teen vrou­lik­heid het nie, wel teen ’n se­ke­re voor­op­stel­ling daar­van.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.