Moei­li­ke pad wag op Ra­map­ho­sa in ANC­lei­er­stryd

Beeld - - Kommentaar -

Cy­ril Ra­map­ho­sa, ANC-ad­junk­pre­si­dent, het ’n moei­li­ke weg om te baan as hy wil slaag in sy po­ging om in De­sem­ber lei­er van die ANC – en uit­ein­de­lik pre­si­dent – te word.

Ra­map­ho­sa is met t­wee al­ba­tros­se op­ge­saal. Die een is die swak pres­ta­sie van die ver­lam­de re­ge­ring van pres. Ja­cob Zu­ma waar­van hy deel is. Die an­der is die Ma­ri­ka­na-slag­ting.

Vir al­bei het hy ter aan­vang van sy veld­tog a­po­lo­gie aan­ge­te­ken.

Hy het ver­sko­ning ge­vra dat die re­ge­ring nie ge­luis­ter het nie na die kie­sers wat in 2016 van die stem­bus­se weg­ge­bly het om die ANC oor kor­rup­sie en ver­kwis­ting te straf.

Wat Ma­ri­ka­na be­tref, het hy die af­ge­lo­pe na­week ver­sko­ning ge­vra om­dat hy nie “toe­pas­li­ke taal” ge­bruik het in sy kom­mu­ni­ka­sie des­tyds nie, en by­ge­voeg sy be­doe­ling was nooit dat 34 myn­wer­kers dood­ge­maak moes word nie.

Dié ver­sko­ning het ver­skil­len­de re­ak­sies ont­lok. Die DA en Co­pe meen hy moet daad by die woord voeg, om sy op­regt­heid te be­wys, deur uit eie sak by te dra tot die ver­goe­ding van die fa­mi­lie van die slag­of­fers.

Die vak­bond Num­sa maak sy ver­sko­ning as “leë woor­de” af. Som­mi­ge po­li­tie­ke ont­le­ders meen dat Ra­map­ho­sa wel deels ’n “mo­re­le voor­sprong” ge­kry het deur vroeg in sy veld­tog ver­sko­ning te vra. An­der meen hy kan meer reg­uit in sy ver­sko­ning wees deur by­voor­beeld die fa­mi­lies te be­soek en met hul­le per­soon­lik te praat.

Suid-A­fri­ka het ’n don­ker ge­skie­de­nis wat in die oor­gangs­tyd­perk ge­lei het tot die aan­drang dat aan­da­di­ges ver­sko­ning moet vra vir hul aan­deel in wan­da­de. Tel­kens is die eks­ku­se met skep­ti­sis­me be­groet, ve­ral waar dit maar deur saam­ge­pers­te lip­pe ge­ui­ter is.

Of Ra­map­ho­sa se voet­werk oor Ma­ri­ka­na – ter wil­le van steun­wer­wing – die ge­wens­te uit­wer­king gaan hê, en wyd aan­vaar sal word, bly te sie­ne.

Sy aan­deel aan ’n re­ge­ring wat die land tot in rom­mel­sta­tus af­be­stuur het, is nie nood­wen­dig vir ANC-le­de ’n kwes­sie nie. Suid-A­fri­ka hou wel dop of hy meer uit­ge­spro­ke gaan raak in sy kri­tiek op sy lei­er en die ska­de wat Zu­ma die land aan­rig.

En hoe die kon­flik tus­sen die t­wee ANC­lei­ers­bul­le dan uit­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.