Saai eer­der JZ se hof­sa­ke uit

Beeld - - Kommentaar -

Con­nie, Hei­del­berg

Die SAUK het aan­soek ge­doen om die Pa­rys-moord­ver­hoor uit te saai.

Waar­om word pres. Ja­cob Zu­ma se hof­saak weens kor­rup­sie, as­ook an­der kor­rup­sie­sa­ke nie uit­ge­saai nie? Vir my as ’n Suid-A­fri­kaan­se lands­bur­ger is dié hof­sa­ke veel meer in die pu­blie­ke be­lang. Ek wil hoor hoe en waar­voor die land se kof­fers leeg ge­stroop word.

Plaas die kwes­sies in die o­pen­ba­re oog, dan sal dit ver­min­der en met­ter­tyd heel­te­mal op­hou.

Ek is nie ge­voel­loos oor die Pa­rys-ver­hoor nie.

Ek hoop dat ge­reg­tig­heid hier ge­skied, on­ge­ag wat­ter kant toe. Daar vind week­liks, in­dien nie daag­liks nie, moord en ver­krag­ting in Suid-A­fri­ka plaas en die ver­ho­re word nie uit­ge­saai nie. Dis vir my vreemd dat daar so­veel op­hef ge­maak word oor die Pa­rys-moord­ver­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.