Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad -

SMS’e kos R1,50

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ’n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

S­joe, wat ’n ver­lig­ting. A­man­da Gouws be­sef ook dr. N­ko­sa­za­na Dlamini­Zu­ma gaan ’n ramp wees as pre­si­dent, al is sy ’n vrou. – Gert de Lan­ge, Ve­ree­ni­ging.

Sa­nef, die na­si­o­na­le re­dak­teurs­fo­rum, is vin­nig op hul perd­jie as joer­na­lis­te aan­ge­val word en dit is reg so. Maar gaan hul­le aan­ty­gings on­der­soek dat joer­na­lis­te se teen­woor­dig­heid ge­weld in Co­li­gny aan­ge­blaas het? – Vra maar net, Jo­han­nes­burg

Ek hou van Lou­is Mein­tjes van TLU SA se plan! Dit mag mis­kien net die klomp wat al­mal be­skul­dig van “grond­dief­stal” be­sig hou. – M, P­re­to­ria

As die be­to­gers eers be­sluit, en nie die reg­ter nie, skaf som­mer die he­le reg­stel­sel af. – Hans

Die DA moet nou vas­byt! Zu­ma, sy reg­span en die ANC is op die ag­ter­voet! – Bee

Ek is op­ge­won­de oor ’n nu­we moont­li­ke op­po­si­sie­al­li­an­sie wat 2019 se ver­kie­sing gaan wen. Dit sal oor al die hui­di­ge pro­ble­me spoel – ons moet net gaan stem. – Al­ta Ver­maak

Wat het ge­word van e­tol – moet ons nou be­taal of nie? Die re­ke­ning hoop op en al­mal het ge­sê ons moet boi­kot. – F­rie­da, Mid­rand

Dis so ’n kon­tras dat ons nu­we, luuk­se trei­ne in wer­king kan stel, maar ons brand die plat­te­land af. Ek steun pres. Ja­cob Zu­ma se be­roep dat dit nie be­ska­dig moet word nie. – Le­ster

Die men­se soek nie nu­we trei­ne nie, hul­le soek wa­re lei­ers. – Ma­nie

Ek ken nie vir Ka­rel S­choe­man nie, maar be­vraag­te­ken tog die op­hef wat ge­maak word oor ’n man wat dui­de­lik ’n ob­ses­sie met die dood en self­dood ge­had het. – Da­nie

Reg­gie Nel se skry­we is pre­sies wat ons land no­dig het, laat ons al­mal on­ge­ag ras, ge­slag of ge­loof han­de vat en saam in die pad val om die mooie land van ons eens en vir al­tyd op die reg­te pad te plaas. – Le­on van Eck, Qu­eens­wood

Puik be­slis­sings deur land­dros Ma­ga­o­la Fo­so. Sy be­oor­de­ling en uitsprake is werk­lik puik en on­be­van­ge! – Ba­nie

Mans se nu­we bos­baard­gier doen vir ons A­fri­kaan­se jong man­ne niks goeds nie. Dit laat ’n mens meer ver­dag lyk as wat dit ’n mo­de­gril is. – C, Pot­chef­stroom

Wie is dié Jo­han de Vil­liers van Am­ster­dam? Moet ons hom ken? Het hy al vir ons iets be­te­ken? – Wil­lem

Aan die­ge­ne wat Ho­mo na­le­di en spe­si­fiek e­vo­lu­sie wil be­vraag­te­ken, wil ek graag sê: “Die heel­al is on­der geen ver­plig­ting om vir jou sin te maak nie” – met dank aan Neil deGras­se Ty­son. – Jak­kals, Al­ber­ton

Pla­ne­te: Loui, ek is nie se­ker wat­ter be­wy­se jy be­no­dig nie, mis­kien is dit ’n goeie i­dee as jy van­aand (vol­maan) bui­te toe gaan en op­kyk? – Andrew

Koos Kom­buis skryf oor die al­we­ten­de ar­ro­gan­sie van fun­da­men­ta­lis­tie­se Chris­te­ne. Ek sou graag wou weet wat hy dink ’n fun­da­men­ta­lis­tie­se Chris­ten nou eint­lik is. – A­drie Joos­te

Ab­so­luut ver­stom­mend dat daar nog men­se is wat waar­de­vol­le i­tems in hul mo­tors laat rond­lê en as hul­le dan be­roof word, tjank en me­dia toe hard­loop. Hoe on­no­sel kan ’n mens wees? – Mel, P­re­to­ria

Dan­kie, Wil­lem Jor­daan – jy bring weer ma­te­lo­se lees­ge­not en per­spek­tief op kom­plek­se vrae. Wat ’n mooi op­skrif vir jou ru­briek – “Die we­ten­skap is mag­te­loos teen ’n glim­lag”. – Jan­nie Marais

Al­mal moet net ef­fens kalm word oor die land, die rug­by en die pre­si­dent. Ons moet uit­reik en ’n nu­we meer­der­heid teen die ANC vorm. – Jak­kie, P­re­to­ria

Is my spot­SMS oor “Be­lof­tus Ver­sies­veld” dalk te skerp vir pla­sing? – Flou Vul­le­tjie

Nie­kie van Heer­den, ek het nou wel nie ’n ta­toe­ëer­merk op my bo­arm of bo­boud nie, maar net soos jy, bly ek vir e­wig en al­tyd ’n Blou Bul­on­der­steu­ner! – Sue

F­rik du P­reez, sterk­te! Ek ont­hou nog hoe ek en my skool­maats jou in die 1950’s tel­ke­ma­le toe­ge­juig het wan­neer jy met die bal on­der die arm en ’n string ver­de­di­gers ag­ter­na op die doel­lyn af­ge­storm het. – Hans Re­tief

Op grond waar­van word

’n spe­ler soos Lood de Ja­ger vir die Bul­le ge­kies? Hy is sta­dig, lomp en val oor sy eie voe­te. Hy is die swak­ste spe­ler en word vir die Bok­ke ge­kies. Gaan dit oor sy leng­te? – Groe­te Cas

Beeld, as­se­blief ek be­taal R10,50 el­ke og­gend. S­top nou die Blou Bul­sto­ries. Dit raak af­ge­saag. – Koos Coet­zee

As die Bul­le maar selfs net on­der­rig ge­had het in King III, dan sou hul­le hul pro­ble­me vroeg­ty­dig kon pak! – MW

Groot as­se­blief. Kan Beeld nie ie­wers op sy sport­blad ruim­te skep vir on­ge­luk­ki­ge Blou Bulon­der­steu­ners nie? Ons le­sers wil SMS’e oor ak­tu­e­le sa­ke deel. – And­rea van Vu­ren

Is dit rê­rig no­dig dat ’n helf­te van die SMS’e oor die Flou Bul­le en hul treur­ma­re moet gaan? – Trot­se Leeu

Wat van swem, hok­kie, at­le­tiek, boks, stoei, roei, ka­ra­te en ju­do? Ons lees ho­pe­loos te min oor daar­die sport­soor­te. En dit is be­se­ring­vry vir deel­ne­mers. – Han­no

Reg­gie Nel

F­rik du P­reez

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.