Ka­lei­do­skoop toer met vier­de al­bum

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Jou­ba Jor­daan het ’n graad in win­gerd- en wyn­kun­de, A­ni­que Jor­daan in mens­li­ke le­wens­we­ten­skap­pe. Hul­le het die­self­de van, maar is nie ge­troud nie en is ook nie broer en sus­ter nie. Hul­le is nie eens fa­mi­lie van me­kaar nie, tog is hul­le ’n een­heid.

En wan­neer hul­le ag­ter die mi­kro­foon en op die ver­hoog is, is hul­le nie die Jor­daans nie, dan is hul­le die groep Ka­lei­do­skoop.

Dié t­wee mu­si­kan­te, ver­sterk deur drie ses­sie­mu­si­kan­te, be­gin op 12 Mei in Van­der­bijl­park met ’n be­kend­stel­lings­toer van hul al­bum Guns­te­ling sei­soen. Op 13 Mei tree hul­le in die Ko­pa­nongoud­i­to­ri­um (Ko­v­sie­kerk) in Bloem­fon­tein op en daar­na volg nog ne­ge kon­ser­te. (Lees hier on­der.)

Van die a­koes­tie­se folk­pop-lied­jies wat in hul kon­ser­te ge­hoor sal word, is “Die goeie”, “So­mer­re­ën”, “Guns­te­ling sei­soen”, “Vlug­voe­tig” en “Weg­breek”.

Ka­lei­do­skoop se tref­krag lê ook in die ver­skei­den­heid in­stru­men­te wat hul­le speel – u­ku­le­le, man­do­lien, ban­jo, a­koes­tie­se ki­taar, kla­vier, bas­ki­taar, trek­kla­vier, per­kus­sie, gloc­ken­spiel en trom­me.

“Jou­ba is die ta­lent­vol­le een. Hy het geen mu­siek­op­lei­ding ge­had nie en kan sing en ver­skeie in­stru­men­te speel,” sê A­ni­que.

“Sý is die mu­si­ka­le een,” sê Jou­ba. “Sy het tot ma­triek kla­vier en sang ge­neem.”

Jou­ba is in­der­daad ’n self­ge­leer­de mu­si­kant. Op skool in S­wel­len­dam het sport sy tyd in be­slag ge­neem en eers toe hy as stu­dent op S­tel­len­bosch ’n kos­huis­maat sien ki­taar speel, het hy ge­hook ge­raak.

Ná u­ni­ver­si­teit het Jou­ba in Aus­tra­lië en Nieu-See­land wyn ge­maak en vir vrien­de mu­siek ge­maak. Hy en ’n vriend het in 2005 Ka­lei­do­skoop ge­stig en toe sy sang­maat een aand nie be­skik­baar was nie, het Jou­ba vir A­ni­que ge­vra om in te staan. Dit was in 2007. A­ni­que het toe nog ge­stu­deer, maar hul­le was so in hul skik met die sa­me­smel­ting van hul stem­me en veel­sy­dig­heid dat hul­le ge­reeld saam op­ge­tree het en mu­siek het van 2010 hul be­roep ge­word.

A­ni­que het op ’n wyn­plaas by Raw­son­vil­le groot­ge­word en was ook ’n Ma­tie. Op S­tel­len­bosch het sy in die u­ni­ver­si­teits­koor ge­sing en die Me­ta­noia-sê­r­groep af­ge­rig wat in 2007 die na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie ge­wen het.

Guns­te­ling sei­soen is Ka­lei­do­skoop se vier­de al­bum. Hul­le het tong in die kies be­gin met Plat­sak, ge­volg deur Vars uit­ge­kerf, wat in 2012 die Huis­ge­noot Tem­po-prys vir bes­te kon­tem­po­rê­re al­bum ont­vang het, en A­cou­stic Co­vers.

Al­bei mu­si­kan­te sê die hoog­te­punt van hul loop­baan is dat mu­siek maak hul werk is en hul­le daar­mee ge­noeg ver­dien om aan die le­we te bly.

Toer­pro­gam 12 Mei om 19:00: Van­der­bijl­park,

Qu­est 13 Mei om 19:00: Bloem­fon­tein, Ko­pa­nong­ou­di­to­ri­um (Ko­v­sie­kerk) 17 Mei om 19:00: Wor­ces­ter, Klein Te­a­ter 18 Mei om 19:30: Paarl, Ou Meul­te­a­ter 19 Mei om 18:15: S­tel­len­bosch, Drost­dy­te­a­ter 20 Mei om 19:00: Dur­ban­vil­le, Ho­ër­skool­ou­di­to­ri­um 21 Mei om 12:00: Sal­dan­ha, Blue Bay Lod­ge 24 Mei om 19:00: Bon­nie­va­le, Ja­ne­za­plaas­te­a­ter

25 Mei om 19:00: Ge­or­ge (He­rolds­baai), Do­wn to Earth

26 Mei om 19:30: Port E­li­za­beth, La Col­li­ne 27 Mei om 19:15: Graaff­Rei­net, Jo­hann Ru­pert­te­a­ter

Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Die A­fri­kaan­se mu­siek­duo Ka­lei­do­skoop (A­ni­que Jor­daan en Jou­ba Jor­daan) be­gin van­dees­week met ’n reeks kon­ser­te om hul nu­we al­bum,

be­kend te stel. Guns­te­ling sei­soen, Fo­to: LISA HNATOWICZ / FOTO24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.