Re­fent­se in La­dy An­te­bel­lum se 1ste SA toer

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan

Die groot nuus dat die coun­try­groep La­dy An­te­bel­lum die eer­ste keer in Suid-A­fri­ka gaan op­tree, is op­ge­volg met die nuus dat die jong san­ger Re­fent­se Mo­ra­ke in die groep se voor­pro­gram gaan wees.

Die voor­san­ger C­har­les Kel­ley het in ’n te­le­fo­nie­se on­der­houd ge­sê hy het reeds van Re­fent­se ge­hoor en hy is op­ge­won­de om self te hoor hoe hy klink. En hy gaan glad nie voor­skryf wat Re­fent­se moet sing nie.

La­dy An­te­bel­lum was t­wee jaar lank stil ter­wyl die on­der­skeie le­de hul eie dro­me na­ge­jaag het, maar keer nou met groot e­ner­gie na die ver­hoog te­rug. Die groep se You Look Good-wê­reld­toer be­gin op 26 Mei in A­me­ri­ka. Hul­le sal 65 kon­ser­te in ses lan­de hou en sluit die toer in Suid-A­fri­ka af.

Hul ses­de a­tel­jee-al­bum, He­art B­re­ak, word op 9 Ju­nie uit­ge­reik. Vol­gens Kel­ley het hul­le in af­son­de­ring in ’n huis met ’n tuis­a­tel­jee lied­jies ge­skryf en op­ge­neem.

“Ek dink dis ons mees in­spi­re­ren­de werk en dit het ’n vars, nu­we klank met in­vloe­de van rock en R&B, maar ons on­der­steu­ners hoef nie bang te wees dat ons ge­heel en al an­ders gaan klink nie,” het hy ge­sê.

La­dy An­te­bel­lum is in 2006 in Nash­vil­le, Ten­nes­see, ge­stig. Die le­de is Hil­la­ry S­cott (san­ger), Kel­ley (san­ger en ki­taar­spe­ler) en Da­ve Ha­y­wood (ag­ter­grond­san­ger, ki­taar, man­do­lien en kla­vier).

Hul de­buut was in 2007 as ge­nooi­de groep op Jim B­rick­man se en­kel­spe­ler “Ne­ver Alo­ne”. Hul eer­ste vyf al­bums was La­dy An­te­bel­lum, Need You Now, Own the Nig­ht, Gol­den en 747. Hul­le het ook die Kers­fees­al­bum On T­his Win­ter’s Nig­ht uit­ge­reik.

Een van hul groot­ste tref­fers is “Need You Now”, en Kel­ley be­skryf dit as die lied wat hul le­wens ver­an­der het.

Hul­le het ver­skeie pry­se ge­wen, on­der meer se­we Gram­m­ys. Teen Au­gus­tus 2013 het hul­le meer as 12,5 mil­joen di­gi­ta­le en­kel­spe­lers en 10 mil­joen al­bums in A­me­ri­ka al­leen ver­koop.

Oor hul reeds be­ken­de mu­siek­vi­deo’s wat meer na kort­flieks as bloot vi­deo’s lyk, sê Kel­ley hul­le wil hê ky­kers moet hul­le as vrien­de sien. Ge­meet aan die kyk­ge­tal­le het hul­le reeds baie vrien­de ge­maak. Van die vi­deo’s is meer as 20 mil­joen keer ge­kyk.

“Dis vir ons lek­ker om self na die vi­deo’s te kyk Dis soos klein tyd­kap­su­les. Ons lag soms lek­ker oor hoe die haar­sty­le en -kleu­re en kle­re­smaak oor die ja­re ver­an­der het.”

Vol­gens hom is hul­le baie nuus­kie­rig om te sien hoe SuidA­fri­ka lyk en hoe­veel on­der­steu­ners hul­le hier het.

La­dy An­te­bel­lum is van links Da­ve Ha­y­wood, Hil­la­ry S­cott en C­har­les Kel­ley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.