De­buut­werk van­dag in ‘Ra­di­o­te­a­ter’ op RSG

Beeld - - Kuns & Vermaak -

’n Bek­ki­ge boer­vrou pro­beer al­ler­han­de plan­ne­tjies om ’n arm, ver­sto­te ge­sin weer in die ge­meen­skap te in­te­greer. Selfs die nu­we do­mi­nee is nie te hei­lig om by haar plan­ne in­ge­sleep te word nie – dit lyk as­of net ’n won­der­werk sal help.

Sal sy slaag? Sal die ge­meen­skap be­reid wees om die vrees­li­ke ver­le­de te be­gra­we en te ver­ge­we? In­dien wel, waar gaan die won­der­werk van­daan kom?

Ma­de­lein Rust se ra­di­o­dra­ma A­dol­fie en die kla­vier is ’n al­le­daag­se, re­a­lis­tie­se ver­haal oor men­se­ver­hou­din­ge wat op die klein­hoe­wes af­speel.

Rust se lief­de vir die ge­skre­we woord het be­gin in die klein bi­bli­o­teek van die P­ri­mê­re Skool Brand­wag in Bloem­fon­tein, waar sy in die pou­ses die een boek ná die an­der ge­lees het. Haar skryf­ver­moë het sy op skool be­gin slyp waar sy in op­stel­kom­pe­ti­sies uit­ge­blink het.

Van haar boe­ke is Die 13de kaart en Moord­huis.

A­dol­fie en die kla­vier, Rust se ra­di­o­dra­ma-de­buut­werk, word van­dag om 20:00 in Ra­di­o­te­a­ter op RSG uit­ge­saai.

Dit is in die Jo­han­nes­burg­se a­tel­jees op­ge­neem on­der die spel­lei­ding van Dun­can John­son. A­dol­fie en die kla­vier is sy de­buut as ra­di­o­dra­ma­re­gis­seur.

Ra­di­o­te­a­ter word tot ein­de aan­staan­de maand el­ke Don­der­dag om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) aan­ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.