S­pur se stig­ter ver­koop aan­de­le vir R100,7 mil­joen

Beeld - - Sakenuus -

S­pur Cor­po­ra­ti­on, ve­ral be­kend om S­pur S­te­ak Ran­ches, het Al­len Am­bor, sy stig­ter, eer­gis­ter R100,72 mil­joen in die sak ge­bring.

Am­bor, wat die groep in 1967 met die eer­ste S­pur S­te­ak Ranch be­gin het, het sy

3 099 176 ge­wo­ne aan­de­le in die groep vir R32,50 elk ver­koop.

Pier­re van Ton­der, uit­voe­ren­de hoof van S­pur, sê dit was al Am­bor se ge­wo­ne aan­de­le.

“Am­bor is in die mid­del 70’s en wil sy ri­si­ko ver­sprei. Hy ver­laat S­pur nie en gaan nê­rens heen nie. Dit is ’n fi­nan­si­ë­le en sa­ke­tran­sak­sie, nie ’n men­se­ka­pi­taal­tran­sak­sie nie,” sê Van Ton­der.

“As jy na ons hui­di­ge aan­deel­prys kyk, sal jy sien hy het ’n baie goeie prys vir sy aan­de­le saam met ’n klein pre­mie ge­kry. Dit wys daar is steeds waar­de in S­pur-aan­de­le en dat die aan­de­leske­ma in die toe­koms nog vir ons baie be­lang­rik is. Die ver­koop van die aan­de­le het geen in­vloed op S­pur nie.”

Lui­dens die­self­de Sens-ver­kla­ring waar­in S­pur die tran­sak­sie Dins­dag be­kend ge­maak het, het Keith Mad­ders, ’n nie­uit­voe­ren­de di­rek­teur, 332 650 van sy aan­de­le Maan­dag teen R33 elk vir R10,97 mil­joen ver­koop.

S­pur het in Sep­tem­ber aan­ge­kon­dig dat sy ver­ko­pe in re­stau­ran­te in die boek­jaar tot ein­de Ju­nie 2016 met 12,9% tot R6,97 mil­jard ge­styg het.

Die groep se we­sens­ver­dien­ste het met 15,9% tot R164 mil­joen ge­styg, ter­wyl die we­sens­ver­dien­ste per aan­deel met 11,9% tot 170,9c ge­styg het.

Die groep het die af­ge­lo­pe jaar 74 nu­we re­stau­ran­te oop­ge­maak en het nou 575 tak­ke wê­reld­wyd.

Pa­na­rot­tis Piz­za Pas­ta se ver­ko­pe het met 18% ge­styg, S­pur S­te­ak Ran­ches s’n met 6,2%, John Do­ry’s s’n met 17,7% en The Hus­sar G­rill s’n met 51,8%.

S­pur se aan­de­le het gis­ter kort voor slui­tings­tyd 1,54% ho­ër op R32,99 ver­han­del.

– Ver­werk uit Fin24 Die S­pur S­te­ak Ranch in Pi­ket­berg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.